BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025
Stropertafels sonder weerga In die Geringhoff- en Franco Fabril-stropertafels wat deur Case IH in Suid-Afrika versprei word, het produsente ’n keuse uit topklas-tegnologie met duursame werking teen bekostigbare pryse. Met Geringhoff se bewese en bekende stropertafels, asook die Argentynse Franco Fabril-stropertafels wat al vir meer as 45 jaar sy staal in Suid-Amerikaanse graanstrooptoestande getoon het, bring Case IH twee stropertafels na die Suid- Afrikaanse mark wat skoon stroop, oor die jongste tegnologie beskik en die oes plaas waar dit moet – in die graantenk. Geringhoff – teutoniese tegnologie vir die Suid-Afrikaanse boer Die Duitse ingenieursbedryf is bekend vir amper pynlike aandag aan die kleinste besonderhede om landboutoerusting van die hoogste standaard te vervaardig. Geringhoff, met sy hoofkantoor in Ahlen, in die noordweste van Duitsland, het ’n geskiedenis in landboutoerustingvervaardiging wat oor meer as 140 jaar strek. “Die stropertafels wat uit Geringhoff se fabriek kom, is betroubaar, deurlopend aan die snykant van die jongste tegnologie, en bekend vir hulle optimale graanverwerking. Voeg daarby dat Geringhoff gedurig navorsing onderneem om ligter, sterker rame te ontwikkel en tegnologie ontwikkel wat hand-aan-hand met jou stroper se tegnologie loop, en jy sal vind dat Case IH ’n produk bied wat moeilik geklop kan word,” sê Daniel Dames, besigheidsbestuurder van NMI. Case IH se Geringhoff-aanbod bestaan uit mielie-, sonneblom-, en fyngraantafels. “Die sonneblomtafels is vanaf 30 voet en groter beskikbaar, asook mielietafels vanaf 4-ry, 76 sentimeter tot 24-ry, 50 sentimeter tafels. Opvoubare tafels vorm ook deel van die aanbod, met al die verskillende ryspasiërings tussenin, aangesien verskillende mielieprodusente spesiale ryspasiërings benodig. Wat die fyngraantafels betref is tafels vanaf 30 voet tot 45 voet beskikbaar, met ’n 50 voet Geringhoff-fyngraanstropertafel wat in 2025 bekendgestel gaan word,” sê André Olwagen, hoof van taktiese bemarking by Case IH. Die nuwe generasie fyngraantafels, wat as generasie twee bekend staan, beskik oor ’n aantal verbeteringe teenoor generasie een. Van die voordele sluit in dat die nuwe generasie fyngraanstropertafel 12% meer kan buig as die vorige generasie en ook so Autumn 2025 BONUS www.agribonus.co.za 36
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=