BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

ontwerp is dat ’n lugstelsel as naverkope- onderdeel aangebring kan word (iets wat die eerste generasie fyngraanstropertafels nie kon doen nie). “Die produsent hoef net ’n Gayar- stel aan te skaf om op die tafel aan te bring, aangesien die lugkanale reeds aangebring is. Die fyngraanstropertafels is ook drapeertafels en bandaangedrewe, dus sonder ’n awegaar om die graan te vervoer, wat beteken dat graanvermorsing, veral in kombinasie met ’n lugstelsel, veel minder is. In gevalle waar baie fyn saad (soos kanola) gestroop word, gee die bandaandrywing meer doeltreffendheid en ’n meer egalige vloei en verspreiding na die stropernek toe,” sê André. Hy noem voorts dat die tafels eenvoudig is om te verstel, en kan verstel word terwyl daar gestroop word. “Die generasie twee stropertafels word ook standaard toegerus met die Schumacher Easy Cut II-snystelsel – ’n duursame stelsel met baie lae onderhoud, ondermeer omdat geen slytplate in die stelsel gebruik word nie, wat verdere gemoedsrus en besparings op die stropertafel vir die produsent meebring.” Geringhoff se mielietafel, wat een van die ligter stropertafels in die mark is, is toegerus met plastiese tone wat makliker vervangbaar en meer bekostigbaar as die tradisionele staaltone is. “Dié tafel stel outomaties die spanning op die plukkerkettings, wat vermorsing verminder, terwyl die dekplaatwydte ook vanuit die kajuit verstel kan word, na gelang van die strooptoestande,” voeg Daniel by. Die Geringhoff-stropertafel se gebruik is ook nie net beperk tot Case IH-stropers nie, maar ’n oordragstel wat direk by die fabriek gemonteer word, beteken dat dié tafel op enige vervaardiger se stroper aangebring kan word. “Geringhoff se stropertafel bied verskeie opsies om by produsente se unieke strooptoestande aan te pas, insluitend bykomende veërstelsels wat verhoed dat die stropertafel nie pak in hoë-opbrengstoestande nie. Die tafel is ook met modulêre ratkaste toegerus wat die tafel beskerm, en beteken dat die ratkasstelsel eenvoudig is om te herstel.” Vanjaar se stroperresies het ook die Geringhoff se gewildheid onderstreep met die meeste stropervervaardigers wat met Geringhoff-tafels aan die kompetisie deelgeneem het. Argentynse duursaamheid teen ’n sakpasprys “In die NMI-produkreeks het ons ook die Franco Fabril-stropertafelreeks. Hierdie portefeulje bied beide mielie- en sonneblomtafels teen selfs ’n meer sakpasprys. Die Franco Fabril is ’n meganiese stropertafel wat maklik is om te onderhou,” sê Daniel. Die sonneblomtafels is beskikbaar vanaf 22 voet tot 40 voet en is toegerus met panne as tone om vermorsing te beperk, en met die minimale hoeveelheid bewegende dele op die tafel, word slytasie verminder. Aan die mielietafel-kant is vier- en ses-ry- weergawes beskikbaar. “Dit is ’n kompleet staaltafel, insluitend die tone, en is geskik vir ’n kleiner intreevlakstroper soos die klas 4- en 5-stropers – perfek vir die produsent wat nie dieselfde wil spandeer op sy tafel as op sy stroper nie. Hierdie stropertafel is beskikbaar in 76 sentimer en 91 sentimer ryspasiëring,” sê Daniel. “Die stropertafel is een van die belangrikste komponente op jou stroper en is ’n bepalende faktor in enige vermorsing. Daarom is dit belangrik dat ’n produsent toegerus word met die beste tegnologie wat hy kan bekostig wanneer dit by stropertafelkeuse kom,” sê André. www.agribonus.co.za Autumn 2025 BONUS 37

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=