BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

Eenstop-hooimaakoplossings vir alle produsente ’n Verskaffer wat al die toerusting beskikbaar stel aan die produsent wat na hooimaakoplossings op soek is. Dit is NMI se doelwit. Die Sitrex-reeks van hooimaaktoerusting werk al sedert 1970 saam met produsente om te verseker dat die hooimaakproses regdeur, van sny tot baal, seepglad verloop. In Suid-Afrika word die Sitrex-reeks van hooimaaktoerusting deur NMI, ’n afiliaal van CNH, versprei. Daniel Dames, besigheidsbestuurder van NMI, verduidelik meer oor die Sitrex-toerusting wat deur NMI verkrygbaar is. “Die Sitrex-reeks van hooimaaktoerusting sluit harke, snyers, en tedders in, met die oog daarop om in 2025 ook die Sitrex- toedraaimasjien te verskaf,” sê Daniel. Hark ’n bietjie nader ... of wyer Die harkreeks van Sitrex is omvattend en met jare se ervaring in die plaaslike landboubedryf het produsente gemoedsrus dat hierdie werkesels maklik en teen ’n sakpasprys onderhou kan word. “Die intreevlak harke in die reeks is die RP-4-, RP-5-, RP-6-, en RP-10V-harke wat op die trekker se driepunt gemonteer word. Die RP-10V is nie ’n algemene implement nie, maar NMI kan dit op spesiale bestelling verskaf. Soos in die naam aangedui, is hierdie harke in 4- tot 10-tol variasies beskikbaar,” verduidelik Daniel. Wanneer dit by sleepharke kom, bly die Sitrex QR-12 steeds die mees populêre hark op die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie V-tipe hark is verstelbaar om breër of nouer te werk na gelang van behoefte. “Die masjien is kompak, maar ontwerp om terselfdertyd genoeg speling te laat in die ruimte waardeur die hooi moet beweeg en is uiters gebruikersvriendelik,” sê Daniel. Die QR-12 se werkswydte is verstelbaar tot 7,5 m met ’n windry vanaf 0,9 m tot 2 m. Die groter QRX-14 hark blyk op die oog af swaarder op die beursie te wees met net twee meer tolle, maar dit is ’n hark toegerus met ’n swaarder raam en die volgende stap op vanaf die QR-reeks harke. “’n Beduidende opgradering van die QR-reeks is die vermoë om die totale harkwydte, asook die windrywydte vanuit die trekker se kajuit te verstel deur middel van ’n hidrouliese silinder,” sê Daniel. Die QRX-14 se maksimum werkswydte is 8,5 m met ’n 0,9 m tot 2 m windry en weeg 1,5 ton. “Die hark wat hoofsaaklik op kontrakteurs gerig is – die MKE-20 – is weer ’n hark in ’n ander klas,” verduidelik André Olwagen, hoof van taktiese bemarking by Case IH en NMI. “Dis ’n hark met ’n werkswydte wat hidroulies verstelbaar is tot 14,5 m met windrye vanaf 0,9 m tot 1,8 m. Met ’n totale gewig van net oor die drie ton, is dit duidelik dat die MKE-20 ’n gespesialiseerde hark is, gemik daarop om meer hektare doeltreffend in minder tyd te hark,” voeg Daniel by. Die Sitrex-reeks beskik ook tans oor die RT3000- en RT5800-tedders. Die RT3000, wat op die trekker se driepunt gemonteer word, werk met die trekker se hyser. Die RT5800 wat histories ook op die driepunt van die trekker gemonteer Autumn 2025 BONUS www.agribonus.co.za 50

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=