BONUS MAGAZINE AUTUMN 2025

Wat lê voor? Die volgende opwindende implement wat NMI in die afsienbare toekoms in Suid-Afrika wil bemark, is die Sitrex-baaltoedraaimasjien. “Ons beplan om die toedraaimasjien gedurende 2025 te bemark. Ons sien die behoefte aan ’n bewese, betroubare toedraaier en met Sitrex se reeks produkte wat reeds presteer, is dit ’n goeie implement om tot die bestaande markaanbod te voeg,” sê André. Die WR3100 is ’n outomatiese baaltoedraaier wat agter die trekker gesleep word. Afhangende van die belading, kan die WR3100 ronde bale van rondom 900 kg hanteer. “Die toedraaier hanteer alle aksies outomaties en is hidroulies aangedryf om die baal te bind, waarna die baal ook afgelaai word. Bale van tussen 1,2 m tot 1,6 m kan só toegedraai word,” verduidelik Daniel. Dit is NMI se doelwit om die mark te teiken omdat produsente algaande meer bale as kuilvoer vir kostedoeltreffendheid aanwend, asook weens voerpryse en om die voedingswaarde van hulle voer langer te behou. “Ons wil hê dat ’n produsent by ons kan instap en ’n eenstop-oplossing vind, met ’n volle reeks hooimaaktoerusting, ondersteun deur CNH en NMI se landswye handelaarsnetwerk,” sê André. is, beskik ook nou oor ’n sleepmodel. “Ons beplan om in die toekoms slegs die sleepmodel te verskaf, aangesien produsente die sleepmodel verkies; die prys beduidend beter is; en weens die onafhanklike as wat die land se kontoere beter volg, daar gevolglik minder grasvermorsing is,” sê André. Die Sitrex-reeks kragharke, die SR500 en SR420 is onderskeidelik as sleephark en driepuntmontering beskikbaar met werkswydtes van onderskeidelik 5 m en 4,2 m. Sitrex se reeks snyers het ook reeds bewys dat hulle duursame, betroubare masjiene is, wat in verskeie omstandighede kan presteer. “Die Sitrex DM-reeks snyers begin by die DM4 met vier tolle tot by die DM8 wat uiteraard oor agt tolle beskik. “Afhangende van die hoeveelheid hektare en die trekkergrootte wat gebruik word, sal ’n produsent sy besluit oor die grootte van sy snyer neem. Die werkswydte van die snyers wissel van 1,67 m vir die DM4 tot 3,2 m vir die DM8 met ’n tolwydte van sowat 410 mm oor al die snyers. Die snyers kan vanaf 1,5 ha per uur tot 3 ha/uur sny, afhangende van materiaaldigtheid, die landery se gelykheid, en trekkergrootte,” sê Daniel. Die DM-reeks vereis ook trekkers vanaf 35 perdekrag tot 60 perdekrag, afhangende van die trekker se hysvermoë. “Die DM-reeks is ’n baie gebruikersvriendelike implement, toegerus met ’n meganiese wegbreekaksie sodat die hele bed van die snyer wegbreek wanneer ’n voorwerp getref word. Sodoende word die snyer beskerm,” aldus Daniel. www.agribonus.co.za Autumn 2025 BONUS 51

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=