BONUS SPRING SUMMER 2025
Optimalisering van jong vervangingsooie in Suid-Afrika: tegniese en finansiële oorwegings Tiaan Gerber – Tegniese Adviseur: Suiwel & Ekstensiewe Herkouers Die Suid-Afrikaanse skaapbedryf staar tans groot finansiële druk in die gesig as gevolg van hoë insetkoste, wisselvallige weersomstandighede, en druk op markpryse. Die grootmaak van jong vervangingsooie is ’n kritieke komponent van suksesvolle skaapboerdery in Suid-Afrika. Omvolwasse ooie te produseer wat hoë reproduktiewe en produksiepotensiaal het, vereis ’n gebalanseerde voedingsprogram, gesondheidsbestuur, en doeltreffende genetiese seleksie. Deur gebruik temaak van De Heus se gespesialiseerde voedingsprogramme en aanbevole voere, kan produsente die groei- en ontwikkelingstempo van jong ooie aansienlik verbeter, wat lei tot langtermyn hoër finansiële opbrengste. Die belangrikheid van jong vervangingsooie: Jong vervangingsooie is die toekoms van enige skaapkudde, en hul suksesvolle ontwikkeling het ’n direkte invloed op: • Lamproduksie – beter ontwikkelde ooie produseer meer en gesonder lammers met hoër speengewigte. • Voereffektiwiteit – optimale voeding verlaag mortaliteite en verbeter groei- en besettingstempos. • Wolproduksie – in dubbeldoelrasstelsels kan vagopbrengste verbeter word deur veselontwikkeling. Om hierdie doelwitte te bereik, moet hul voedingsbehoeftes vanaf speen optimaal ondersteun word. Hierdie kom egter teen ’n koste en baie produsente sien nie altyd kans om hierdie beleggings in hulle kudde te maak nie, en eerder vervangingsdiere in te koop. Daardie ingekoopte diere gaan egter deur dieselfde kostestruktuur waaroor ‘n aankoper nie beheer het nie, maar waarvoor hulle gaan betaal. Daarmee saam kan dit bydra tot potensiële biosekuriteitrisiko’s en siektes. Hierdie artikel fokus daarop om produsente te help om vervangingsdiere op so ’n wyse groot te maak dat dit ’n belegging, en nie ’n uitgawe is nie. Voedingsuitdagings by jong ooie: Ná speen (meestal 3–4 maande oud) ervaar jong ooie: • Lae voerinname weens speenskok en ontwikkelende rumenkapasiteit. • Onvoldoende proteïen- en energie- inname vir optimale groei en ontwikkeling. • Mineraaltekorte (veral koper, selenium, en sink) wat immuniteit en veselontwikkeling beïnvloed. Spring/Summer 2025 BONUS www.agribonus.co.za 36
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=