BONUS SPRING SUMMER 2025
Die voedingsmodel bied die geleentheid om die algemene liggaamskondisietelling van die kudde meer effektief te bestuur, deur die onnodige oorvoorsiening sowel as die ondervoorsiening aan diere se behoeftes tydens elke produksiefase met byvoeding te beperk. Deur die regte voeding op die regte tyd te gee, word kostes wys aangewend en word elke dier ’n optimale geleentheid gegun om haar genetiese potensiaal te wys voor seleksie. Die ReproSheep-model ondersteun die produsent nie net met die algehele bestuur van die voerkostebegroting nie, maar verhoog ook ooie se reproduksievermoë en verhoed metaboliese steurnisse as gevolg van foutiewe voedingspraktyke tydens die verskeie produksiefases. Dit bied ook voervloeibeplanning en ’n akkurate kostebepaling wat by programme soos RWS gebruik kan word. Watter voordele bied dit nog? Finansiële analise: kostebesparing en inkomsteverbetering • Laer mortaliteit: 5%-verbetering in oorlewing = 5 ekstra ooie per 100, wat R15 000–R25 000 waarde kan hê (teen R3 000–R5 000 per ooi). • Vervroeg reproduksievermoë: Ooie wat op 12 maande lam, produseer ’n ekstra lam in hul leeftyd (R1 500–R2 500 per lam). • Hoër wolpryse: Verbeterde vagkwaliteit kan 10%–15% premie op wolpryse lewer. Hoe kan ons help om hierdie uitdagings aan te spreek? Die rol van De Heus as veevoermaatskappy: De Heus ag homself as ’n geïntegreerde deel van elke boerdery. Die maatskappy is nie net in die mark om spesialiteitvoere te verskaf nie, maar is welbekend daarvoor dat ons produsente ondersteun met die nuutste data asook gespesialiseerde voedingsprogramme, soos bv. die De Heus ReproSheep- voedingsmodel – om produksiedoelwitte koste-effektief te bereik. De Heus ReproSheep-voedingsmodel: Die De Heus ReproSheep-voedingsmodel kyk na die voedingsbehoefte op droëmateriaalbasis, meer spesifiek deurvloeiproteïen (SDVE) en energie (VEM), van ’n ooi met ’n sekere gewig en verwagte lampersentasie op elke produksiestadium van haar siklus. Die model paar dan die beskikbare ruvoerbronne op die plaas met voer om te Indien hierdie aspekte nie reg bestuur word nie, lei dit tot: • Vertraagde puberteit. • Laer konsepsiesyfers (besetting en veral herbesetting). • Swakker vleis- en wolproduksie. • ’n Verkorte produksieleeftyd. verseker dat die dier voldoende nutriënte ontvang om produksie asook reproduksie van die kudde te verhoog. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2025 BONUS 37
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=