BONUS SPRING SUMMER 2025
“An island is a refuge for the soul, a place to reconnect with nature and rediscover ourselves.” Dubbelpunte-beloning Hierdie eilandvakansies is nie net betaalbaar met punte nie, maar word verder beloon met lojaliteitspunte vir elke bespreking. Ons eilandvakansies is ’n kombinasie van asemrowende natuurskoon, rus, en ontsnapping van die alledaagse. Kies tussen Zanzibar, die Maldives, Mauritius, of die Seychelle. Kom geniet die intieme atmosfeer en raak opnuut bewus van die eenvoud van ’n lewe, weg van die gejaag, en geniet aktiwiteite soos snorkel, duik, hengel, kajak, en vele meer. Alles-insluitende vakansies bied die beste waarde Maklike en stresvrye beplanning aangesien vlugte, verblyf, maaltye, drankies, en dikwels ook aktiwiteite alles ingesluit is. Geniet die gemak van ’n eilandvakansie sonder enige onvoorsiene uitgawes. Bespreek jou eksklusiewe eilandvakansie vandagmet jou lojaliteitspunte of kontant! Die rustige omgewings, pragtige wit sandstrande, en kristalhelderwater, AgriBonus het nog ’n eksklusiewe ooreenkoms beklink wat gaan sorg vir eindelose genot vir lede. Hierdie eksklusiewe vennootskap is met Secrets Azure wat spesiale eilandvakansiepakkette aan lede bied. Secrets Azure se vakansiepakkette word eksklusief vir lede beding, is nie beskikbaar vir die groter publiek nie, en slegs AgriBonus/MyBonus-lede, hul familie, en nominasies van lede het toegang tot hierdie pakkette. Besprekings kan slegs bevestig word met ’n geldige lidmaatskapnommer. Vakansies kan ook met punte, kontant, of slegs per EFT betaal word en lede sal ook punte verdien. Idilliese bestemmings omring deur tropiese plantegroei skep ’n gevoel van vryheid, ontspanning, en hernuwing wat min ander plekke bied. www.secretsazure.com Spring/Summer 2025 BONUS www.agribonus.co.za 40
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=