BONUS SPRING SUMMER 2025

KLEURREEKS Om sy teenwoordigheid af te rond, word die Hilux Legend 55 in tien buitekleure aangebied. Keuses sluit in gewaagde kleure soos Dark Green Mica Metallic en klassieke kleure soos die onmiddellik herkenbare Sand Beige, wat eienaars die vryheid gee om hul bakkie by hul persoonlike styl te laat pas. • Toyota Hilux Legend 55 2.8 GD-6 Xtra Cab TEEN — R728 300 • Toyota Hilux Legend 55 2.8 GD-6 4×4 Xtra Cab TEEN — R813 700 • Toyota Hilux Legend 55 2.8 GD-6 Double Cab TEEN — R885 700 • Toyota Hilux Legend 55 2.8 GD-6 4×4 Double Cab TEEN — R935 900 PRYSE EN DIENSPLAN/WAARBORG Alle Toyota Legend 55-modelle kom standaard met ’n diensplan van nege dienste oor 90 000 km en ’n driejaar/100 000 km-waarborg. Daarbenewens kan klante bykomende diens/ instandhouding/waarborguitbreidings via die omvattende Toyota-handelaarsnetwerk (220 afsetpunte) koop. KONNEKTIWITEIT Alle Toyota-eienaars kan vir ’n persoonlike MyToyota-profiel inteken. MyToyota is deur Toyota SA ontwerp om ’n platform te bied vir eienaars om vinnig en gerieflik toegang tot alle inligting en dienste wat met hul voertuig(e) verband hou, te verkry. Daarbenewens is alle nuwe Toyota-voertuie toegerus met ’n toestel wat ’n hele nuwe wêreld se kenmerke open. Teken eenvoudig in en jy sal toegang tot Wi- Fi-vermoë in die motor (met ’n komplimentêre 25 GB) tesame met ’n magdom aanvullende Connect-dienste hê. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2025 BONUS 47

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=