BONUS SPRING SUMMER 2025

– die veelsydige Xtra-kajuit of die dubbelkajuit vir die gesin – wat albei die kenmerke van hul voorgangers behou, terwyl hulle deurdagte opdaterings in ontwerp en gerief bekendstel. BINNERUIM-VERFYNING Die kajuit van die Hilux Legend 55 beklemtoon sy dubbele karakter – robuust en verfyn. Aandag aan detail is duidelik in elemente soos drumpelplate met verchroomde kentekens, swaardiens-rubbervloermatte en sportsitplekke met geborduurde kopstutte. Hierdie verfyning beklemtoon sy beperkte- weergawe-status terwyl dit die voertuig se praktiese, geharde karakter versterk. NAATLOSE KONNEKTIWITEIT Tegnologie in die Legend 55 is ontwerp om bestuurders in verbinding te hou en passasiers te vermaak. Die kern daarvan is ’n 8”-raakskerm-multimediastelsel, toegerus met Apple CarPlay en Android Auto. Hierdie stelsel word aangevul deur ’n eersteklas klankstelsel met nege JBL- luidsprekers, wat verseker dat elke rit – hetsy in die dorp of van die een provinsie na die volgende – met ryk, helder klank gepaard gaan. KENMERKENDE BUITE-ONTWERP Die buitekant van die Hilux Legend 55 maak ’n onmiddellike indruk met ’n eksklusiewe kenteken, ’n beskermende voorste skuurplaat en ’n veilige en sluitbare rolluik-laaibakdeksel. Die dubbelkajuit-modelle pronk met uitstaande kenmerke soos ’n verligte kenteken-projeksie en ’n haaivin-antenna, wat ’n bydrae tot sy moderne aantrekking lewer. Praktiese eienskappe word nie agtergelaat nie – ’n rubber-bedekking vir die laaibak, ’n Hilux Legend 55-stileerstaaf, verwyderbare sleepstang en dakversiering rond ’n pakket af wat net so bekwaam in die werkplek as op ’n buitelugavontuur is. KRAGWAT DIE WERK DOEN Werkverrigting is en bly ’n uitstaande kenmerk van die Hilux-modelreeks. Die Legend 55 word deur Toyota se betroubare GD-6- turbodieselenjin van 2,8-liter, wat aan ’n verfynde sesgang-outomatiese ratkas gekoppel is, aangedryf. Dié kragbron lewer 150 kW- en 500 Nm-wringkrag en bied ’n selfversekerde balans tussen doeltreffendheid en krag – hetsy vir verbysteek op snelweë, iets met gemak sleep, of veeleisende terrein buite op grondpaaie of op veldryroetes. Spring/Summer 2025 BONUS www.agribonus.co.za 46

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=