BONUS SPRING SUMMER 2025

TOYOTA TEKEN REKORDVERKOPE IN SEPTEMBER AAN Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het sy markleierskap in September met ’n uitsonderlike kleinhandelprestasie herbevestig waarin hy 14 146 nuwevoertuigverkope en ’n markaandeel van 26% uit die bedryf se 54 700 eenhede wat verkoop is, aangeteken het. Dit is Toyota se beste maandelikse prestasie sedert Maart 2022 – die vorige keer toe die maatskappy die 14 000-kerf verbygesteek het. Die breër bedryf het ook ’n sterk vertoning gelewer, met die Automotive Business Council (Naamsa) wat berig het dit is die hoogste bedryfstotaal sedert September 2015. Volumes het met 10 700 eenhede (24,3%) teenoor September 2024 gestyg, wat ’n sterk vraag weerspieël ten spyte van ’n omgewing van beskeie ekonomiese groei, beperkende monetêre beleid, en verhoogde mededinging deur ingevoerde handelsmerke. • Algehele Toyota-verkope: 14 146 • Hilux-verkope: 3 639 • TSAM-ligte handelsvoertuie: 4 779 • TSAM-passasiersvoertuie: • TSAM- medium handelsvoertuie: 278 • Toyota-markaandeel: 26% 8 915 Toyota het weer eens die voorpunt in verkope in die passasiers-, ligtehandelsvoertuig- en medium handelsvoertuigsegmente ingeneem. Die Hilux het sy kroon as Suid-Afrika

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=