BONUS SPRING SUMMER 2025
Die sportnutsreekse het ook sterk gevaar met die Fortuner (842), die Land Cruiser Prado (276), die Land Cruiser 300 (134), en die Land Cruiser 76 Station Wagon (32). Aan die handelsvoertuigfront het die Hino 229 eenhede bygedra en in die luukse segment het Lexus 86 verkope bygevoeg. Lexus-verkope is gelei deur die GX (26), gevolg deur die RX (24), en die NX (16). September was ook Toyota se sterkste vlootverkopemaand vir 2025, met 4 233 voertuie wat aan sakeklante gelewer is – ’n jaar-tot- jaar-toename van 34%. TSAM se onderdele- afdeling het byna 2 miljoen onderdele plaaslik verskaf, terwyl ’n bykomende 400 000 eenhede uitgevoer is. se topverkopervoertuig met 3 639 eenhede behou, terwyl passasiersgunstelinge soos die Corolla Cross (1 891), Starlet (1 626), Vitz (1 446), en die Urban Cruiser (1 191) almal indrukwekkende resultate gelewer het. https://www.toyota.co.za/ KINTO Suid-Afrika – die maatskappy se buigsame mobiliteitsoplossingsonderneming – het die 5 500-voertuig-kerf in die bedryf verbygesteek – ’n belangrike mylpaal vir ’n onderneming wat nog nie eers vyf jaar bestaan nie. In sy oorsig oor dié prestasie, sê Leon Theron, die senior visepresident van verkope en bemarking by TSAM: “September-verkope het weer eens beklemtoon hoe merkwaardig die Toyota Hino-, en Lexus-handelsmerke is. Ons is opreg dankbaar teenoor ons handelaars, verkoopspanne, ons Durbanse vervaardigingsaanleg, en al die Toyota-, Hino-, Lexus-, en KINTO-ambassadeurs vir almal se uitstekende bydraes. “Die plaaslike voertuigmark is die mededingendste nog, met klante wat deur ’n magdom keuses bederf word. Ons is trots daarop dat soveel Suid-Afrikaners ten spyte van die talle opsies wat beskikbaar is, steeds hul vertroue in Toyota, Lexus, en Hino as hul voorkeur-handelsmerke plaas.” Hoewel September se verkoopsvertoning ’n rede vir feesviering is, erken TSAM dat die mark vir klante sowel as vervaardigers uitdagend bly. Toyota glo hierdie uitdagings versterk sy vasberadenheid om te fokus op wat die belangrikste is – om die beste moontlike ervaring aan elke klant te bied.
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=