BONUS SPRING SUMMER 2025
Ontsluit die waarde vanmielies: Prosessering Christiaan Orffer – Tegniese Adviseur: Ekstensiewe herkouers Van al die voedingsbehoeftes by herkouers, speel energie ’n kardinale rol in terme van produksie. Mielies is ’n hoeksteen in herkouervoeding deur te dien as diemees algemene energiebronwat in voerkraalrantsoene gebruik word. Mielies het ook die grootste invloed op voerkoste en daarom is dit van kardinale belang dat die benutting vanmielies so effektief asmoontlik geskied. Die voer van heel mielies kan voedingsvoordele beperk en lei tot ’n minder doeltreffende produksiestelsel. Dit is dus belangrik omdie waarde vanmielieprosessering te verstaan in terme van vertering in die rumen, produksie-effektiwiteit en vermindering van vermorsing. Mieliepitmorfologie: Perikarp (saadhuid/bran): • Bied beskerming aan ontwikkelende endosperm en embrio. • Bestaan uit sellulose, hemisellulose, en lignien met swak biologiese beskikbaarheid. Kiem (germ): • 12–15% van die pit. • Ryk aan oplosbare koolhidrate, proteïen, olie, en sommige hormone, maar het nie stysel nie. • Dien as die embrio se voedingsorgaan Endosperm: • Grootste komponent van die mieliepit. • Ongeveer 80% van totale gewig. • Bevat voedingstofryke selle wat geaktiveer word om groei te ondersteun wanneer ontkieming begin. • Meeste van hierdie voedingstowwe bestaan uit koolhidrate (in die vorm van stysel). Prosessering: Voerkoste is een van die hooffaktore wat produksiekoste in voerkrale beïnvloed. Enige verbetering in voerbenutting sal lei tot ’n verlaging in voerkoste. Fisiese prosessering het ten doel om die partikelgrootte van roumateriale te verklein om ’n groter oppervlak aan die rumenmikroörganismes (RMO) bloot te stel, om voedingskomponente makliker af te breek en sodoende die doeltreffendheid van die dier te verbeter. Maal is een van die oudste en eenvoudigste, maar baie effektiewe, Spring/Summer 2025 BONUS www.agribonus.co.za 94
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=