BONUS SPRING SUMMER 2025
voerverwerkingstegnieke. Die doel van maal is om partikelgrootte te verminder wat lei tot die verandering van grondstofkenmerke en spesifiek ’n toename in oppervlakte, wat meer doeltreffende voedingstofvertering tot gevolg het. Verder verhoog dit ook die mengvermoë van roumateriale om ’n meer gehomogeniseerde voer te produseer, skeiding of sortering te verminder en verdere verwerking te fasiliteer. Vergelyking van hamer- en rollermeule Hamermeule Rollermeule Werk volgens die beginsel van die vasvang van roumateriale wat stadig beweeg met vinnig bewegende hamers om sodoende groot partikels in kleiner dele te breek wat deur ’n spesifieke grootte sif sal pas. Die sifgrootte bepaal die grootte van partikels wat deurbeweeg en partikels wat nie die gewenste grootte is nie, word voortaan deur die hamers geslaan totdat dit deur die sif pas. Produkte geproduseer deur ’n hamermeule: Word gebruik ommielies in meel in te maal, die konsep berus op silindriese rollers wat roteer om die pit te kraak, skeur, en maal tot dit die verlangde partikelgrootte is. Produkte geproduseer deur ’n hamermeule: • Normaalweg balvormig met ’n gladde oppervlak. • Kan wissel in partikelgrootte, wat vir ons die voordeel van variasie in verteringstempo inhou. • Lewer ’n meer eenvormige partikelgrootte, met skerp, hoekige partikels. • Die voordele van rollermeule is dat daar minder maalverliese is en dat dit ook meer elektrisiteitdoeltreffend is. Heel versus gemaaldemielies: Teoreties: Heel mielies is die minste verwerkte vorm en het ’n laer styselverteerbaarheid as gemaalde mielies. As gevolg van sy ongeskonde struktuur beweeg meer stysel deur die spysverteringstelsel sonder om ten volle benut te word, wat lei tot ’n 39% hoër fekale styseluitskeiding in vergelyking met verwerkte mielies. Die totale vertering van organiese materiaal, stysel, en stikstof is ook laer, wat lei tot verminderde energiedoeltreffendheid van die dier. Die risiko vir asidose in diere wat heel mielies gevoer word, is wel laer, omdat die voer van heel mielies ‘n veel hoër pH handhaaf as gevolg van laer styselbenutting. Hoewel dit voordelig vir rumengesondheid kan wees, is die algehele voedingstofbeskikbaarheid en groeiprestasie van beeste wat heel mielies gevoer word, laer as dié wat gemaalde mielies www.agribonus.co.za Spring/Summer 2025 BONUS 95
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=