Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

Besluit watter risiko’s in jou boerdery bestuur moet word Die jongste WEF Global Risk Report skets ‘n oorwegend negatiewe vooruitsig vir die wêreld oor die volgende twee jaar ‘n situasie wat na verwagting oor die volgende dekade sal versleg. Die meerderheid respondente (54%) wat aan die verslag deelgeneem het, verwag ‘n mate van onstabiliteit en ‘n matige risiko vir wêreldwye rampe, terwyl nog 30% selfs meer onstuimige toestande verwag. Die vooruitsig is aansienlik meer negatief oor die tien-jaar tydhorison, met byna twee derdes van respondente wat ‘n stormagtige of onstuimige vooruitsig verwag. Ons sien hierdie makrotendense ook in Suid Afrika, van wisselvallige en onvoorspelbare weerpatrone tot sistemiese risiko’s soos infrastruktuur, krag- en watervoorsiening. ‘n Boer maak ‘n plan Landbou is ‘n fundamentele en kritiese pilaar van die Suid-Afrikaanse ekonomie; daarom word rolspelers in hierdie bedryf gereeld aan verskeie uitdagings blootgestel. Behalwe dat hierdie uitdagings nie baie voorspelbaar is nie, raak dit ook elke jaar meer kompleks. Om hul toekoms te verseker, moet landbouprodusente kan besluit wat om te verseker en waar hulle hierdie blootstelling en uitdagings beter kan bestuur. Hierdie besluite het uiteraard ‘n potensiële finansiële impak wat deurslaggewend is vir die volhoubaarheid van ‘n boerderybesigheid. Natuurlik is dit ook belangrik om ‘n gesonde balans te hou tussen risikobestuur en -verskansing. Risikobestuur het meestal ook die bykomende voordeel van verliesvermyding en verbeterde praktyke. Autumn / Herfs 2024 BONUS www.agribonus.co.za 18

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=