Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

Hoewel daar in die geval van pluimveeboerderye geen dekking vir voëlgriep beskikbaar is nie, kan produsente die selfversekeringsopsie oorweeg en begin met ‘n langer- termyn oplossing vir hierdie tipe blootstelling. Dit is in landbouers se belang om hul fundamentele kennis en ervaring van hul besigheid met hul versekeringsadviseurs te deel. Sodoende kan ‘n meer omvattende en relevante oplossing oorweeg word, met die regte versekering vir die risiko’s wat die boer nie noodwendig wil bestuur nie. Plaaslike versekeringsmarkte is voortdurend besig om hul produkte aan te pas ten einde te kan voorsien vir nuwe (en ouer) landboubedrywe en -uitdagings. ‘n Goeie voorbeeld is die voorsiening van insetkoste vir graanboere in die geval van natuurrampe, en vloed- en haelskade op hul oeste. Of om van dag een af voorsiening te maak vir sake-onderbrekingsdekking in ‘n braaikuikenboerdery. Oproer-blootstelling (SASRIA) sal, met die verskiesingsjaar op hande, waarskynlik toeneem. Al is plase afgeleë of nie noodwendig blootgestel nie, kan oproer by ‘n verskaffer of kliënt die boerdery affekteer. Daarom moet toepaslike versekering hier oorweeg word. ‘n Onlangse verbetering is die geleentheid om vir addisionele sekuriteit voorsiening te maak in die geval van potensiële oproer. Dit is ‘n proaktiewe stap in die versekeringsportefeulje. Die impak van kragstuwing op boerderybesighede bly ‘n materiële bedreiging. Beperkte dekking is steeds beskikbaar waar skade volg op ‘n kragstuwing. Die meeste boere het egter self hiervoor begin voorsiening maak deur middel van sonkrag, wisselaars en batterye. Versekeraars maak voorsiening vir dekking op sulke installasies, maar die versekerde moet sekerheid hê oor die vereistes hiervoor, soos die dravermoë van ‘n dak asook ‘n elektriese installasiesertifikaat. As jy graag insette van een van FAULDS se risikokonsultante wil hê, skakel gerus vir Carel op Tel: 082 451 0051 of Epos agri@wisepro.co.za . Die kort en die lank

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=