Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

New Holland se CR Revelation-stropers vat voor! New Holland se Twin Rotor™-stroper bewys sedert 1975 al dat dit die markleier is as dit kom by hoë kapasiteit, graangehalte en doeltreffendheid. Met 49 jaar se ongeëwenaarde ondervinding in Twin Rotor™ stropers, is New Holland die onbetwiste kenner in die veld van dubbelrotortegnologie. New Holland hou nooit op om innoverend te dink nie, en daarom is die indrukwekkende CR Revelation-stroper al die derde generasie van rotortegnologie. New Holland gebruik jare al dieselfde fokuspunte in hul stroperontwikkeling en verbeter dit met behulp van die nuutste tegnologie: werking, kapasiteit, en graan- en hooigehalte. Die materiaalhyser (feeder) is met dynamic feed roll (DFR)-tegnologie toegerus om die egalige vloei van materiaal na die Twin Rotor™ te verseker. Die stelsel bied ‘n kragbesparing tot op 7pk. Materiaal vloei reguit deur die TwinPitch Rotor™-stelsel en bied die voordeel van ‘n eweredige materiaallading wat oor die volle oppervlak van die voorbereidingstafel en siwwe versprei word. New Holland fokus daarop om topgehalte produkte aan ons kliënte te verskaf. Dit beteken die beste rygerief, hulpmiddels wat operateuruitputting voorkom, en die vermoë om elke graankorrel van die veld af te haal. New Holland Suidelike Afrika bied drie modelle aan die mark: ‘n Verskeidenheid modelle Uitstekende kapasiteit • Die CR9.90, toegerus met 22”-rotors wat met ‘n 10,7 tot 13,7m-graantafel toegerus kan word. • Die CR7.90, toegerus met 17”-rotors en die opsie om ‘n 7,6 tot 9,15m-graantafel by te voeg. • Die CR6.80, toegerus met 17”-rotors wat toegerus kan word met ‘n graantafel van 4,8 tot 9,14m. www.agribonus.co.za Autumn / Herfs 2024 BONUS 29

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=