Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

Stroper-outomatisering New Holland se Intellisense™-stelsel bied die antwoord op die groeiende vraag na modernisering. Die Intellisense™-stelsel is op die CR9.90- en CR7.90-modelle aangebring en stel die stroper in staat om proaktief te reageer deur elke 20 sekondes verstellings met nagenoeg 280 miljoen moontlikhede te maak. Intellisense™ is ontwikkel met behulp van baanbrekertegnologie wat ‘n eerste-van-sy-soort sifladingsensor meegebring het. Die sensor werk in kombinasie met die Grain Cam™ om die nodige verstellings op grond van die berekende strategie te maak. Die Intellisense™-stroperoutomatiseringstelsel bied operateursgerief soos min en verhoog stroperwerkverrigting met tot 20% gedurende lang werksessies wanneer die operateur se konsentrasie nie altyd optimaal is nie. Terwyl Intellisense™ omsien na die nodige verstellings, kan die operateur fokus op die vloei van materiaal, omdraai by wenakkers en die uitlaai van die graantenk. Vir meer inligting, kontak jou naaste New Holland-handelaar of skakel Derrick Coetzee by 082 524 7447. www.agribonus.co.za Autumn / Herfs 2024 BONUS 31

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=