Bonus Tydskrif AUTUMN 2024
Beesvirusdiarree (BVD) is ‘n siekte wat die beesbedryf baie geld kos. Die BVD-virus is hoogs aansteeklik, alomteenwoordig en word oorgedra en versprei deur besmette diere wat die virus in hul liggaamsvloeistowwe, veral speeksel en neusuitloopsel, uitskei. ‘n Bees wat met die virus besmet word kan verskeie simptome toon, met diarree en respiratoriese siekte wat die algemeenste is. ‘n Kenmerkende eienskap van BVD is dat dit tot geweldige immuunonderdrukking lei. Dit beteken dat ‘n bees wat aan BVD ly, baie meer vatbaar is vir verskeie ander siektes. Daarom word BVD gereken as een van die belangrikste virusse wat deel uitmaak van multifaktoriale beesrespiratoriese siekte. Indien ‘n bees egter herstel na ‘n BVD-infeksie, ontwikkel daardie bees immuniteit teen die siekte en raak ontslae van die besmetting. Permanente draers Daar is egter beeste wat ‘permanent besmet’ is en die BVD-virus deur die loop van hulle hele lewe afskei. ‘n Kalf word as ‘n permanent besmette kalf gebore wanneer sy ma tydelik besmet was in die tydperk waarin sy ongeveer 40 tot 120 dae dragtig was. In hierdie tydperk van dragtigheid is die fetus se immuunstelsel nog nie volledig ontwikkel nie, en wanneer die fetus dan blootgestel word aan die BVD-virus, ontwikkel hy ‘n toleransie teen die virus. Wanneer hierdie kalf dan gebore word, is hy permanent besmet met die BVD-virus en skei hy lewenslank groot hoeveelhede van die virus af. Permanent besmette beeste dien as die hoofbron van besmetting in ‘n kudde. Deur Schabort Froneman, tegniese bestuurder, Zoetis Die virus lei ook tot aborsies, misvormde kalwers en/of doodgebore kalwers, afhangend van die stadium van dragtigheid waartydens ‘n vatbare Ent en beskerm jou kudde teen BVD Autumn / Herfs 2024 BONUS www.agribonus.co.za 36
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=