Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

Hoe nou gemaak? Soos met baie siektes lê die antwoord in voorkoming pleks van behandeling. Maak ‘n spreekwoordelike brandbaan deur in te ent, pleks daarvan om ‘n veldbrand te probeer beveg wanneer die virus in die kudde versprei. Een van die mees effektiewe maniere om ‘n kudde teen BVD-verliese te beskerm, is om die diere in te ent met ‘n entstof wat geregistreer is om fetale beskerming te bied. Zoetis se Bovi-Shield® Gold FP®5 is ‘n entstof wat onder andere geregistreer is om beskerming te bied teen fetale infeksie as gevolg van BVD en die geboorte van permanent besmette BVD-kalwers wanneer dit volgens etiketaanwysings toegedien word. Bovi-Shield® Gold FP®5 bied ook beskerming teen respiratoriese siekte as gevolg van BVD. Tesame met enting moet ‘n goeie kuddebestuursprogram ook faktore soos biosekuriteit in ag neem om BVD optimaal te bekamp. Bestuursbesluite moet gemaak word om blootstelling aan die virus en aan permanent besmette diere so ver as moontlik te vermy. In kuddes waar BVD gediagnoseer is, word ‘n ‘toets-en- slag’-benadering dikwels gevolg om permanent besmette diere te identifiseer en uit te skakel, waarna ‘n inentingsprogram daargestel word om die risiko vir toekomstige uitrake te beperk. Verwysing: 1. Houe H. Economic impact of BVDV infection in dairies. Biologicals. 2003 Jun 1;31(2):137- 43. SLEGS VIR GEBRUIK IN DIERE Bovi-Shield® Gold FP®5 Reg. Nr: G3837 (Act 36/1947). BVD Tipe 1 & 2, IBR, BRSV en PI 3. Vir volledige voorskrifinligting, verwys na die voubiljet goedgekeur deur die medisynebeheerraad. Volle produkinligting is beskikbaar vanaf Zoetis South Africa (Edms) Bpk, Mpy. Reg. Nr 2012/001825/07, 6de Vloer, Noordvleuel, Rivoniaweg 90, Sandton, 2196. PostNet Suite 53, Privaatsak 9976, Sandton, 2146, Suid Africa. Tel: +27 (0)80 099 8969. www.zoetis.co.za Let daarop dat hierdie ‘n lewendige entstof is wat sorgvuldig volgens etiketaanwysings toegedien moet word om veilig te wees en optimale beskerming te bied. Vra gerus jou Zoetis-verkoopsverteenwoordiger of jou kuddeveearts vir meer inligting oor Bovi-Shield® Gold FP®5. koei met die virus besmet word. Met al hierdie moontlike negatiewe uitkomste in ag geneem, kan BVD werklik tot groot ekonomiese verliese lei. In 2003 het Hans Houe 1 ‘n artikel in die joernaal, Biologicals, gepubliseer oor die ekonomiese impak van BVD in melkerye. Volgens die artikel is die skade wat deur ‘n BVD-uitbreking veroorsaak is, beraam op ‘n verlies van tussen $40 en $95 per koei. Nadat inflasie- en wisselkoerssomme gemaak is, beloop dit in vandag se terme ‘n paar duisend rand per koei.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=