Bonus Tydskrif AUTUMN 2024
Ontsluit die volle potensiaal van grond Agri Technovation het plaaslik en op inter- nasionale vlak reeds groot sukses behaal met grondpresisiedienste. Met die ITEST™SOIL- en MYSOIL CLASSIFICATION™-dienste is menige produsent in staat gestel om grondvariasie te identifiseer en ingeligte bestuurspraktyke daarvolgens toe te pas. Afgesien van die korrekte identifisering en bestuur van hierdie wisselende grondeienskappe, het produsente ook ‘n toename in algehele gewasproduksie en winsgewendheid op plaasvlak ondervind. Ofskoon die waardetoevoeging aan die produsent beduidend is, is dit nie waar dit stop nie. Daar is verdere metodes beskikbaar wat gevolg kan word ten einde die volle potensiaal (dus verdere waardetoevoeging) van die grond te ontgin. Deur stroperkaarte en PICKLOGGER™- opbrengskaarte te integreer met genoemde presisiedienste, kan die basiese presisie- beginsels verhef word tot ‘n nuwe vlak. Deur die data van meerjarige opbrengskaarte te kombineer met grondfisiese en grondche- miese data, word ‘n nuwe wêreld van inligting ontsluit. Die bestudering van gewasopbrengs- reaksies op grondeienskappe maak dit moontlik om bestuurspraktyke op plaasvlak aan te pas, te verfyn en sodoende te verbeter. Hierdie verdere verbetering word moontlik gemaak met die MYDATA MINING™-diens wat deur Agri Technovation aangebied word. Grondpotensiaal as ‘n legkaart Grondpotensiaal kan gesien word as ‘n legkaart waar elke legkaartdeeltjie ‘n grond- eienskap wat gewasproduksie affekteer, ver- teenwoordig. Ten einde die legkaart te bou, is dit natuurlik van belang om al die deeltjies in die hand te hê. Die volle prentjie kan egter slegs ontbloot word deur die korrekte rotasie en vashegting van elk van die deeltjies. Die korrekte plasing van die legkaartdeeltjie simboliseer hoe die spesifieke grondeienskap bestuur moet word. Slegs wanneer al hierdie eienskappe reg bestuur word, kan die grond optimaal presteer, aldus die perfekte prentjie. Grondpresisiedienste en data-ontleding is ‘n wenkombinasie Versameling en korrekte plasing van legkaartdeeltjies Deur die MYSOIL CLASSIFICATION™- en ITEST™ SOIL-dienste word ‘n groot hoeveelheid van die grondlegkaartdeeltjies geïdentifiseer. MYSOIL CLASSIFICATION™ identifiseer die variasie in grondfisiese eienskappe soos tekstuur, potensiële worteldiepte, beperkende lae, en so meer. Die gebruik van hierdie inligting dryf ingeligte bewerkings- en bestuurspraktyke. ITEST™SOIL identifiseer variasie in grond- chemiese eienskappe, wat dit moontlik maak om die grondnutriëntstatus (soos pH-vlakke) en grondeienskappe vanaf chemiese oor- sprong (soos die toeslaan van gronde) korrek te bestuur. Bou jou grondlegkaart en ontgin die volle potensiaal van die grond Autumn / Herfs 2024 BONUS www.agribonus.co.za 54
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=