Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

New Holland het van hul kleintrekkermodelle, wat die nuutste opgraderings vir 2024 insluit, by vanjaar se Nampo-oesdag bekendgestel. Dié reeks sluit in twee- en vierwielaangedrewe modelle wat 31 tot 66kW krag lewer. Almal het ’n gesertifiseerde rolstaafbeveiligingstelsel (ROPS) en sondakkie as standaardtoerusting, wat operateursveiligheid en -gemak verbeter. TT3-reeks: Veelsydig en gerieflik Die TT3-reeks is ontwerp na aanleiding van uitgebreide kliëntekonsultasie, terugvoer, en insette. Om aan die vereistes van vandag se veeleisende operateurs te voldoen, bied hierdie reeks moderne stilering, uitstekende operateursgerief, onoortreflike werkverrigting in sy segment, sowel as waarde en veelsydigheid vir New Holland-kliënte. Dit is met New Holland se bekende cat eye- ligte en ’n enkel-enjinkap, wat instandhouding vergemaklik, toegerus. Daar is ook onlangs nuwe LED-ligte bygevoeg wat sigbaarheid verbeter. Die sitplek het geïntegreerde vering en ’n ekstra kussing wat dit uiters gerieflik maak. Alle sleutelkontroles is so geplaas dat dit byderhand is vir produktiewe, ergonomiese werking, en die semi-plat platform bied meer ruimte en beter operateursgerief. Die reeks is met die Lift-O-Matic™ outomatiese hyserstelsel toegerus en het ’n allemintige 1 800kg hyserkapasiteit. Dié spesifikasies vergemaklik swaar take. Modelle is met nuwe, ronde modderskerms toegerus, wat hul uiters gerieflik maak om in boorde te gebruik, omdat die takke nie vashaak soos aan normale modderskerms nie, maar oorgly. Dit is dus ’n veelsydige trekker wat vir ’n verskeidenheid take op die plaas geskik is. Daar is twee modelle in die TT3-reeks tans in Suid-Afrika, naamlik die TT3.45 (31kW), en die TT3.50 (37kW). TT-reeks: Gesog onder produsente Die TT-reeks het egter geen bekendstelling nodig nie. Daar is drie modelle, naamlik die TT55 (40kW), TT65 (48kW), en die gewilde TT75 (55kW). Hierdie modelle is onlangs opgradeer en sluit nou nuwe LED-ligte, wat sigbaarheid verbeter, asook ’n verhoogde platform vir beter operateursgerief in. Die TT55 en TT65 word deur ’n drie-silinder turbo-enjin aangedryf en het ’n 2.9ℓ-kapasiteit. Die TT75 het egter ’n vier-silinder, 3.9ℓ turbo- enjin wat hierdie trekker uiters sterk maak in sy klas – sy brandstofverbruik is goed en die enjin kragtig genoeg om enige taak aan te pak. Die TT75 het ook twee volledige hidrouliese koppelings wat dit meer veelsydig maak. Daar is twee kleiner eenhede met ’n normale 8x2-ratkas; die TT75 wat in Suid-Afrika beskikbaar is, het ’n 12x3-ratkas en sy spoed wissel vanaf 0,97 tot 30,56km/h (die normale 8x2 begin by 2,98km/h). Telematika is in 2024 bygevoeg as ’n opsie vir hierdie reeks. Die EasyLink CM100- modem kan in die fabriek of agterna op enige TT-trekker aangebring word. Dit monitor ’n verskeidenheid parameters, soos trekkerligging en -status, laaste posisie, waarskuwings, geofence, beweging deur die dag, en voertuigparameterverslag. Dié inligting kan gratis op die New Holland FieldOps-toepassing gemonitor word. Die CM100 word ook tans vir die TT3- en TT4- reekse uitgebrei. TT4-reeks: Uiters handig Daar is twee modelle in die TT4-reeks, naamlik die TT4.80 (60kW), en TT4.90 (66kW). Albei modelle is beskikbaar met of ’n meganiese of kragskakel (power shuttle) 12x12-ratkas. Die kragskakelratkas is standaard in albei, maar die 20x20-kruipratkas (0,3km/h) word standaard vir die TT4.90-model bygevoeg. Die TT4.80-hyserkapasiteit is 2,5 ton, en 3,5 ton vir die TT4.90. Hierdie reeks het ’n volledige platform wat operateursgerief verbeter, asook meer spasie. Die reeks kom standaard met die nuwe LED- en cat eye-ligte uit. ’n Reguit agteras maak dit meer geskik vir sleepwerk. Die 540- en 540E-kragaftakkerspoed (PTO) is ook standaard en is handig wanneer spuitwerk verrig moet word. Dit verbeter brandstofdoeltreffendheid, omdat die 540E-spoed op laer omwentelinge verkry word. Vir meer inligting besoek www.newholland.com/za of kontak Jaco du Preez by 082 524 8898. kleintrekkerreeks: Die beste in die mark Deur Jaco do Preez www.agribonus.co.za Spring/Summer 2024 BONUS 23

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=