Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

Onverwagse gewasskade ná die toediening van ‘n insekdoder word te maklik toegeskryf aan insekweerstand, of aan ‘n verlaging in die plaag se sensitiwiteit vir die betrokke chemiese stof. Daar is ernstige gevolge wat wél aan insekdoderweerstand gekoppel kan word, maar dit is van deurslaggewende belang dat betrokke persone kennis dra van die vele ander voorafgaande faktore wat oorweeg moet word nog vóórdat die mislukte resultaat as ‘n sensitiwiteitsverskuiwing of as ‘n weerstand teen die betrokke chemiese stof bestempel kan word. Hierdie faktore sluit in tegniese sowel as biologiese aspekte, wat vervolgens in hierdie artikel bespreek word. Die eerste uitdaging is gewoonlik om die sukses of die mislukking van ‘n toediening te definieer en te kwantifiseer. In ‘n navorsings- konteks kan die spesifieke toediening van ‘n produk vergelyk word met ‘n onbehandelde kontrolegedeelte en kan insekgetalle, die hoeveelheid skade en ander gevolge deeglik ondersoek en gemonitor word.. In ‘n kommersiële situasie word geen gedeelte van ‘n boord of ‘n blok doelbewus tydens ‘n voorkomende of uitwissende spuitaksie uitgelaat nie. Gevolglik is dit moeilik om dit te vergelyk met ‘n onbehandelde kontrole om ‘n sinvolle en geldige gevolgtrekking te kan maak. Vooraf-tellings word ook nie noodwendig uitgevoer nie en moniteringsdata is nie altyd beskikbaar nie, wat die saak selfs nog verder kompliseer. Die afwesigheid van die pes en die toeskryf- bare skade ná toediening word gewoonlik as ‘n kommersiële aanduiding gebruik, maar dit is nie noodwendig die akkuraatste metode nie. Die faktore wat bydra tot die suboptimale veldprestasie van ‘n insekdoderbespuiting hou dikwels glad nie met insekdoder- weerstand verband nie. Oorweeg die weer en ander faktore, voor weerstand die skuld kry Blaaspootjieskade op druiwe. Foto: Laeveld ScoutTM In ‘n navorsingskonteks kan die spesifieke toediening van ‘n produk vergelyk word met ‘n onbehandelde kontrolegedeelte en kan sekere faktore deeglik ondersoek en gemonitor word. Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 24

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=