Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Insekdoderweerstand Eers wanneer al die faktore hierbo uitgesluit kan word, word insekdoderweerstand, óf die betrokke plaag se verskuiwing in sensitiwiteit ten opsigte van die spesifieke chemie, meer waarskynlike oorsake van ‘n mislukte bespuiting. Indien ‘n plaas ‘n geskiedenis het van die onverantwoordelike en herhaalde gebruik van chemiese stowwe met slegs een werkswyse en uitwerking, word die kanse op weerstand ‘n groter waarskynlikheid Die tipe insekplaag en die gepaardgaande biologie, kan ‘n verdere oorsaak van weerstandsontwikkeling wees indien die insek byvoorbeeld ‘n baie kort lewensiklus het, met verskeie generasies per groeiseisoen. Hierdie moontlike verskuiwing in sensitiwiteit van die betrokke plaag ten opsigte van ‘n spesifieke chemiese behandeling, moet onmiddellik by plaaslike verteenwoordigers van CropLife SA aangemeld word. Daar is verskeie weerstandsevalueringstoetse en/of molekulêre evaluerings wat volgens IRAC (die Insecticide Resistance Action Committee) se protokolle uitgevoer moet word om ondoeltreffende beheer verder te ondersoek. Indien weerstand of ‘n verskuiwing in ‘n plaag se sensitiwiteit ten opsigte van ‘n chemiese se protokolle uitgevoer moet word om die ondoeltreffende beheer verder te ondersoek. Indien weerstand of ‘n verskuiwing in ‘n plaag se sensitiwiteit ten opsigte van ‘n chemiese middel opgemerk word, moet die Registrateur in kennis gestel word en alle betrokke instansies moet die nodige verantwoordelike prosedures uitvoer en stappe doen om te voorkom dat verdere weerstand ontwikkel. Dit word dan deurgegee aan die verskillende aksiekomitees, soos IRAC. CropLife SA sal ook, indien nodig, die registrasiehouers betrek van aktiewe bestanddele wat tendense wys om mitigasiemaatreëls te ontwikkel. Data en verslae word as vertroulik beskou en mag nie in die praktyk bekendgemaak word nie, tensy dit so ooreengekom is met die Registrateur en CropLife SA. Daar word in ons bedryf te maklik gesê daar is weerstand of dié of daardie produk werk nie meer nie – sulke stellings mag eintlik nie gemaak word buiten in konsensus met CropLife SA en die Registrateur nie. Die implikasies van bostaande situasie is ernstig en daaromword bedryfsrolspelers aangemoedig om altyd eers al die ander faktore wat hierbo bespreek is uit te skakel, voordat onvoldoende chemiese werking sommer onomwonde en onbevestig as ‘weerstand’ bestempel word. Sekere breëspektrum-chemie kan voordelige insekte uitwis, wat s ekondêre infestasies tot gevolg kan hê. Foto: Koppert B.V. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2024 BONUS 27
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=