Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

Biologiese oorwegings Die teikenplaag moet reg geïdentifiseer word om te verseker dat die regte produk gekies word. Sekere produkte is baie spesifiek gerig op sekere insekgroepe en -spesies en ‘n verkeerde identifikasie van die plaag kan drastiese gevolge hê. Dit is ook belangrik om die biologie van ‘n insek te verstaan en ‘n duidelike begrip te hê van die teikenstadia, aangesien sommige produkte nie tydens alle lewenstadia ewe doeltreffend werk nie. Sekere stadia is soms verskuil (byvoorbeeld ondergronds) en ‘n kontakproduk sou dus geen uitwerking hê as die produk nie in direkte aanraking met die insek kom nie. Plaagmonitering en plaagvoorspelling is dus van kardinale belang om te verseker dat die regte produk op die regte tyd toegedien word. Ekonomiese drempelwaardes is op sekere plae van toepassing, en kan as deel van die besluitnemingsproses oorweeg word. Die algemene reël is dat voorkomende spuite doeltreffender is as uitwissende of korrektiewe bespuitings. Daar moet dus gewaak word om nie die toediening onnodig uit te stel nie. Omliggende areas en gewasse moet ook in berekening gebring word, aangesien naburige plantegroei, tesame met omgewings-, seisoen- of weertoestande, herinfestasie kan aanmoedig of veroorsaak – selfs na ‘n onlangse bespuiting. Vir sekere insekte word ‘n areawye-benadering voorgestel om juis hierdie probleem uit te skakel. Lewenstadia wat later ontwikkel kan ook onvoldoende behandeling tot gevolg hê as dié stadia die aanvanklike bespuiting misgeloop het. Daar is ook sekere breëspektrumprodukte wat die natuurlike vyande van sekere insekte kan uitwis – en in só ‘n geval kan dit ‘n sekondêre infestasie tot gevolg hê. Plaagmonitering is baie belangrik om te verseker dat die nodige aksies op die regte tye in blokke uitgevoer word. Foto: Ernst de Beer. Dit is belangrik om die biologie van ‘n insek te verstaan. Insekte, soos witluise, is sekere tye van die seisoen meer blootgestel as ander tye, wat produkkontak met die teiken kan bemoeilik. Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 26

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=