Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Met ’n formidabele spuitstelsel soos AIM Command Flex 2 en die Raven Hawkeye II-spuitstukbeheerstelsel op die Case IH Patriot-spuitreeks, sou ’n mens beswaarlik kon glo dat ’n verbetering moontlik is. Deur egter slim spuittegnologie van Carbon Bee by te voeg, het produsente ’n verdere opsie om spuitdoeltreffendheid te verhoog en insetkoste te besnoei. Die Carbon Bee-sigspuitstelsel wat nou as opsie op Case IH se Patriot-reeks van hoogloopspuite beskikbaar is en wat ook as naverkopestelsel aangebring kan word, bied ’n kostedoeltreffende en betroubare bykomstigheid vir produsente wat wil verseker dat lande moeiteloos en winsgewend skoongehou word. Vinnige presisie bespuiting Sigspuittegnologiestelsels wat kan onderskei tussen onkruid en grond in groen-op-bruin toepassings, en onkruid en kontantgewasse in groen-op-groen toepassings, tree al hoe sterker op die voorgrond namate produsente op soek is na doeltreffende spuitstelsels wat ook insetkoste kan help besnoei. Die Carbon Bee-stelsel, wat deur die tegnologiese innovasie-maatskappy, AxioTeq, verskaf word, bestaan uit ’n reeks kameras wat soomloos saam met die bestaande Case IH AIM Command 2 of Raven Hawkeye II werk, en spuitstukke oop en toe maak om slegs onkruid te bespuit. Die stelsel kan gebruik word in eerste bespuitingstoepassings ( burndown ) om jong onkruide te beheer, asook in onkruidbeheer tussen aangeplante gewasse – dit maak gebruik van herkenningsagteware om tussen bruin-en-groen en groen-en-groen te onderskei. Terselfdertyd kan die Carbon Bee doeltreffend tot ’n spoed van 25km/h funksioneer, wat ’n groot tydbesparing in die hand werk. “ ’n Produsent kan dus meer hektare in ’n dag bespuit en op insetkoste bespaar. Die spuit word minder volgemaak en die produk slegs aangewend waar dit die nodigste is,” sê Louis Jacobs, senior presisieboerderyspesialis by Omnia AxioTeq. Presies hoe ‘suinig’ die Carbon Bee stelsel te werk gaan, is op ’n demonstrasiedag in Noordwes geïllustreer toe die Carbon Bee- stelsel 110ha uit ’n tenk met ’n 50ha-kapasiteit gespuit het. “Die mengsel was effens sterker om te verseker dat onkruid doeltreffend beheer word, maar die besparing het sowat R16 500 oor die 110ha beloop,” sê Jacobs. Inligting met die druk van ’n knoppie Die Carbon Bee-stelsel is ook opgegradeer sedert sy bekendstelling in 2023 met verbeterde kabels en meer robuuste kamerahulsels. Spuitgegewens word nou ook op die spuit se skerm weergegee eerder as op ’n bykomende, aangewese Carbon Bee-skerm soos wat die Case IH bied nou deur die Carbon Bee-sigspuitstelsel, ’n naverkope tegnologie-opsie wat die Patriot-spuitreeks se vermoëns nog verder uitbou. Sien is glo! Carbon Bee is hier. Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 36
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=