Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
geval in die verlede was. ’n Meer aanvullende spuitstelsel vir tegnologie wat reeds as markleier funksioneer, gaan moeilik gevind word. Boonop kan die Carbon Bee-stelsel met die druk van ’n knoppie gedeaktiveer word om die spuit weer op die konvensionele basis te laat werk. Die volgende stap, sê Jacobs, is om ’n toepassing te ontwikkel wat die Carbon Bee- stelsel in staat sal stel om intydse spuitdata in die wolk te stoor, waarna telemetriese data op ’n selfoon afgelaai kan word. “Omdat die Carbon Bee so netjies by AIM Command II inskakel, word die spuitdata op die Viper+ skerm gehou en die produsent kan onmiddellik sien waar onkruiddruk hoër is. Dit stel hom in staat om ’n meer ingeligte besluit rakende sy onkruidbeheer, hetsy om te spuit of om meganiese beheer op probleemkolle toe te pas, in die toekoms te maak. Alle bewerkings begin dus nou na een lyn beweeg ten einde grond beter te bestuur.” Die stelsel wat tydens die Patriot-inligtingsdae gewys was, bestaan uit twaalf kameras op ’n 30m-balk en word in die bestaande Case IH- tegnologie geïntegreer. “Wat ons hier bygesit het, is ’n ekstra tegnologie-pakkie wat die Suid-Afrikaanse mark op sy kop kan keer. Ons het hande gevat met ons vriende van Omnia AxioTeq en nou kan ons Die Carbon Bee-tegnologie van AxioTeq is onlangs tydens ’n reeks demonstrasiedae saammet die Case IH Patriot- hoogloopspuite ten toon gestel. die Carbon Bee-stelsel as naverkope onderdeel op enige van ons spuite monteer, of dit as voor- verkope opsie aanbring. Case IH sal ook die volle voorraad Carbon Bee-onderdele dra. Vir die produsent beteken dit minder chemie, meer grondgesondheid, en gewasse word nie in hulle groei belemmer deur die produk wat gespuit word nie. “Dit bly Case IH se doelwit om nie net kostes te bespaar en opbrengste te verbeter nie, maar om vir die produsent daardie mees kosbare hulpbron, naamlik tyd, terug te gee. Wanneer ons produkte se doeltreffendheid meer tyd aan die produsent terugbesorg, het ons in ons doel geslaag,” sê André Olwagen, hoof van taktiese bemarking by Case IH. ’n Gesertifiseerde produk Case IH werk in assosiasie met Carbon Bee- tegnologie, wat deur AxioTeq, ’n onafhanklike derdepartyverskaffer, in Suid-Afrika versprei word. Carbon Bee is nie ’n filiaal van Case IH nie en enige dienste wat deur AxioTech gelewer word, is onafhanklik van Case IH. Carbon Bee- tegnologie is dus ’n gesertifiseerde produk, gelewer deur ’n derde party, wat op Case IH se Patriot-spuite geïnstalleer kan word om die waarde wat aan produsente gebied word, te verhoog.
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=