Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Die afgelope paar uitdagende jare vir veral vrugteboere, het dit duidelik gemaak dat presisieboerdery en data vir beter besluitneming integraal is tot volhoubare, winsgewende boerdery Hierdie dinamiese aspek van landbou asook die feit dat boorde en lande nie homogeen is in terme van grond nie (bv. verskille in fisiese beperkings, voghouvermoë, chemiese samestelling, ens.), verg dat produsente wat hulle op presisieboerdery toespits en die beste en optimaalste opbrengs najaag, met ‘n baie fyner oog na variasie in produksie en opbrengs moet kyk, as slegs die gemiddelde produksie per blok. Alhoewel opbrengskaarte reeds vir baie jare ‘n gegewe tegnologie is waarsonder. Alhoewel opbrengskaarte reeds vir baie Alhoewel opbrengskaarte reeds vir baie jare ‘n gegewe tegnologie is waarsonder ‘n graanprodusent nie meer winsgewend kan boer nie, was dieselfde tegnologie nooit beskikbaar vir presisieboerdery in boordgewasse nie. Dit het ‘n groot leemte gelaat. Met PICKLOGGER™ is die krag van opbrengskaarte egter nou ook in die hande van vrugte- en groenteprodusente. PICKLOGGER™ is ‘n GPS-toestel wat op enige plukskêr gemonteer kan word. Die geografiese data van elke vrug of groentegewas word vasgelê op die tydstip wanneer dit gepluk word om die verspreiding daarvan in die boord aan te dui. OESKAARTE GRONDKLASSIFIKASIE 2021 2022 2023 PICKLOGGER™ – ‘n ware game changer Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 44
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=