Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Year, Grondtipe Figuur 1: Opbrengs van Star Ruby-boord op verskillende grondtipes, 2020-2024. Die data kan dan vertoon word as verspreiding om so aan te dui waar die beter en swakker kolle in ‘n boord is, en kan ook versoen word met pakhuisdata vir die blok, ten einde ‘n ton/ha-kaart te produseer. ‘n Verdere toepassing van die data is om areas op ‘n plaas of binne ‘n boord aan te dui wat vroeër of later geoes is, hetsy as gevolg van kleur of interne ontwikkeling. PICKLOGGER™ is al vyf jaar operasioneel met meer as 5 000 toestelle in gebruik. Om die waarde wat die toestel bied te illustreer, word twee gevallestudies hier onder gelys. Gevallestudie 1 Gevallestudie 1 behels ‘n 5ha Nova- blok waar die spesifieke kliënt reeds vier seisoene se PICKLOGGER™-data gehad het. Dit is duidelik dat intervensies en aksies stelselmatig die algehele produksie van die boord sowel as die variasie in die boord, verbeter het. Die persentasie laer-produserende areas binne die boord verminder ook elke jaar. Gevallestudie 2 Die data wat PICKLOGGER™ bied kom tot sy volle reg indien dit geïntegreer word met verdere presisielandboudata soos MYSOIL CLASSIFICATION™, ITEST™SOIL en ITEST™LEAF. Hierdie geïntegreerde data bied aan die produsent waardevolle inligting wat in oorleg met die insette van ‘nlandboukundige, gebruik kan word om die langtermynproduksie en winsgewendheid van boorde stelselmatig te verbeter. Die produksie in ‘n Star Ruby-boord oor vier seisoene is in detail ontleed en vergelyk met die verspreiding van grondtipes in die boord. Tradisioneel sou die produsent waarskynlik na die produksiedata gekyk het en tevrede gewees het met ’n gemiddelde langtermynopbrengs van 50 t/ha. Uit die studie blyk dit egter duidelik dat die kultivar veel swakker op sekere grondtipes presteer teenoor ander ( Figuur 1 ). Die produsent kan, met die hulp en insette van ‘n ervare landboukundige, besluit oor die nodige aksies wat geloods kan word op die swakker kolle en watter aanpassings op bestuurspraktyke gedoen kan word. Opbrengs/grondtipe Grondtipe Jaar, grondtipe www.agribonus.co.za Spring/Summer 2024 BONUS 45
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=