Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Tradisioneel was dit moontlik en relatief maklik om blokke wat op verskillende onderstamme is te vergelyk, maar die data wat PICKLOGGER™ ontsluit stel die produsent in staat om die produksie van verskillende kultivar- en onder- stamkombinasies baie akkuraat te vergelyk met verskillende grondtipes en grondeienskappe – iets wat nie voorheen moontlik was nie. Verder kan die impak van grondchemiese eienskappe op produksie ook geëvalueer en vergelyk word. Hierdie waardevolle inligting kan gebruik word om bestaande bestuurspraktyke aan te pas en/of vir toekomstige uitbreidings en ontwikkelings Figuur 4: Vergelyking van langtermyn- oesdata met verwysing na Y en X onder- stamme en verskillende grondtipes. Ten slotte Die bostaande voorbeelde is enkele gevalle wat die krag en moontlikhede van PICKLOGGER™- data ten toon stel. Die potensiaal wat dit bied vir beter besluitneming en bestuur hou egter nog meer waarde. PICKLOGGER™-data sal enige produsent wat ingestel is op presisieboerdery en meer winsgewende en volhoubare boerdery, in staat stel om nog meer geleenthede te ontsluit. Die tegnologie en gebruik van PICKLOGGER™ vereis geen spesiale aksies of veranderinge aan praktyke nie – dit voeg bloot verdere waarde toe deur aan te haak by ‘n bestaande praktyk – die oes van vrugte-/groentegewasse. PICKLOGGER™ is die laaste stukkie van die legkaart vir presisieboerderypraktyke in boordgewasse, en vorm ‘n integrale deel van besluitneming om meer winsgewend te boer. Met die implementering en gebruik van PICKLOGGER™, word ‘n hele nuwe wêreld van data vir presisieboerdery beskikbaargestel. Vir meer inligting of raad, kontak jou Agri Technovation- of Laeveld Agrochem-verteenwoordiger. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2024 BONUS 47
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=