Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

Die langtermynpotensiaal van die verskillende aksies kan ook teenoor die kostes daarvan opgeweeg word. Sonder die PICKLOGGER™-data sou so ‘n evaluasie en voortvloeiende aksies nie moontlik wees nie. Met die beskikbaarheid van grondchemiedata en die integrering daarvan met PICKLOGGER™-oesdata, is dit ook moontlik om die impak van makro- en mikroëlementvlakke op opbrengs (en hoe dit verskil van grondtipe tot grondtipe) te identifiseer en evalueer. Programme, produkte, toedienings en praktyke kan dan dienooreenkomstig aangepas word om die produksie van die boord deur middel van presisie-ontledings te verbeter. Met verwysing na dieselfde Star Ruby- boord, word bogenoemde geïllustreer in Figure 2 en 3 , waar die verskil in opbrengs by verskillende grondtipes en variërende Element x-vlakke aangedui word. Die impak van Element x-vlakke onder verskillende omstandighede en grondtipes is kragtige data wat ‘n wesenlike verskil in boerderypraktyke, en natuurlik winsgewendheid kan maak. Hierdie tipe ontledings en geleenthede vir presisie-aksies is slegs moontlik met die gedetailleerde data wat PICKLOGGER™ ontsluit. As verdere voorbeeld van die toepassing van PICKLOGGER™-data, stel Figuur 4 ‘n vergelyking voor van langtermynoesdata op dieselfde plaas en dieselfde kultivar (Star Ruby), maar hierdie keer met verskillende onderstamme op verskillende grondtipes. Die data toon die variasie in produksie tussen Star Ruby op X en Y op verskillende grondtipes. Figuur 2: Vergelyking van opbrengs teenoor Element x-vlakke op ‘n 5ha Star Ruby-boord (5, 7, 6 gronde). Figuur 3: Vergelyking van opbrengs teenoor Element x-vlakke op ‘n 5ha Star Rubyboord (1, 4, 3, 2 gronde). Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 46

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=