Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

blink uit in die wynbedryf New Holland is al vir jare die ondersteuningspunt vir wynboere met ons verskeidenheid trekkers en die Braud-druiwe-oesmasjien. T3F-reeks: Liggewig en kompak Die T3F-reeks trekkers is ontwerp om maklik tussen rye te beweeg en bied uitstekende werkverrigting wat betref bespuiting, verbouing, en padvervoer. Hierdie liggewig se kompakte afmetings gee hom die voorsprong wanneer in beperkte ruimtes gewerk word. Die verbruikersvriendelike Lift-O-Matic™- stelsel vereenvoudig die gebruik van die hyser. Die platform verseker perfekte geluid- en vibrasie-isolasie en steun ’n bestuursomgewing met ongeëwenaarde ergonomie en gebruiksgerief. Alle kontroles is logies en binne maklike bereik. Daarmee saam bied die duidelike, intuïtiewe instrumentpaneel in een oogopslag belangrike inligting oor die belangrikste bedryfsparameters. ’n Versteekte demper en luginlaat sorg vir onbelemmerde sig oor die geboë enjinkap. Die rolstaafbeveiligingstelsel (ROPS) kan plat vou om onder boorde in te pas. Alles in die reeks is ontwerp om produktiwiteit te verhoog. Modelle in die reeks wat in Suid Afrika beskikbaar sal wees, sluit in die tweewielaangedrewe T3.50F (37kW), vierwielaangedrewe T3.55F (40kW), en die twee- en vierwielaangedrewe T3.75F (53kW). T4F/N/V-reekse: Veilig en betroubaar Die T4F/N/V-reeks trekkers word in drie wydtes aangebied om ’n wye reeks toepassings te hanteer. Die F-reeks is 1 476mm wyd, die N-reeks 1 229mm, en die V-reeks 1 061mm. Die trekkers het ’n hoë krag-tot-gewigsverhouding en is die beste in hul klas ten opsigte van hanteerbaarheid. Alle eenhede is met ’n 16x16-transmissie toegerus en bied meer spuitspoed-opsies. Alle T4.75V-eenhede is vierwielaangedrewe, het ’n ROPS en lewer 57kW. Hierdie trekker pas gemaklik in enige spasie in en kan, omdat dit so nou is, selfs in wynkelders werk verrig. Die T4N-reeks is in twee- en vierwielaangedrewe modelle beskikbaar (ROPS of kajuit). Daar is drie modelle naamlik T4.75N, T4 85N, en T4.95N, wat onderskeidelik 57, 65 en 71kW krag lewer. Die T4F-reeks kom standaard met die SuperSteer-vooras uit wat skerper draai- aksies moontlik maak. Die beskikbare modelle sluit in die T4.75F, T4 85F, en T4.95F, wat onderskeidelik 57, 65 en 71kW krag lewer. Slegs die vierwielaangedrewe opsie met ’n kajuit is beskikbaar. Braud-druiwe-oesmasjiene: Al vir 49 jaar sinoniemmet wynmaak Die Braud 9000L- en X-reeks is gebou met bewese Braud-DNA om hoë-gehalte, skoon druiwe te lewer. Met industrie-eksklusiewe kenmerke soos Noria-bakkies en ’n SDC- skudstelsel (shaking dynamic control) , is ons oesmasjiene ontwerp om sag op wingerdstokke te wees, beter klimvermoë teen steil heuwels te bied, asook meer doeltreffend en operateursvriendelik te wees. Deur hierdie oesgefokusde kenmerke met bedryfsleier skoonmaakstelsels soos die gepatenteerde SOCMA- destemmer (beskikbaar met ’n Deur Jaco do Preez Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 58

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=