Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

Case IH se rooi masjiene was slaggereed toe die hekke van Nampo Kaap vanjaar vir besoekers oopgemaak het. Dit was inderdaad ’n skouspel van gesofistikeerde tegnologie, doeltreffende werksverrigting en slim toepassings om die produsent meer winsgewend en produktief te laat boer. Die Case IH Optum-trekker wat vanjaar by Nampo Bothaville bekendgestel is, was ook op die standplaas sodat besoekers van die Wes-Kaap hierdie indrukwekkende trekker van naderby kon besigtig. Die Optum val tussen die Magnum- en Puma-reeks, met ’n fokus op presisie en doeltreffendheid. Natuurlik was die vlagskip 8250-stroper ook op die standplaas, en dié meneer het soos ’n paal bo water uitgetroon. “Die vlagskipstropers in Case IH se stal is fenomenaal en ons sien dit met ons markpenetrasie. Die hart lê natuurlik in Case IH se tegnologie om graan en kaf te skei met min moeite en met van die minste vermorsing op die mark vandag. Dit is uitstaande strooptegnologie wat homself deur en deur bewys het,” sê Olwagen. Case-reekse op skou Die Case IH Steigers is ’n bekende en betroubare trekkerreeks waarmee Suid- Afrikaanse landbou goed bekend is. Die groter perdekrag en verbeterde tegnologie op hierdie trekkers is altyd ’n trekpleister. Die span van Case IH het ook die geleentheid gehad om besoekers meer te vertel oor die Steiger® 715 Quadtrac® wat eersdaags in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. “Nampo Kaap is een van die belangrikste geleenthede op ons landboukalender en van Case IH se kant af het ons altyd topgehalte aanbiedings,” sê André Olwagen, hoof: taktiese bemarking by Case IH. “Ons was baie opgewonde om dit met besoekers te deel en dit was lekker om mense so opgewonde oor ons produkte en tegnologie te sien.” Bale vir ‘n vale. Stop-die-skou-Steiger. Om visie te hê, is alles - nie waar nie. Groot, beter, Optum!

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=