Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Landbou ontwikkel teen ’n snelle pas, en tesame hiermee groei die behoefte aan platforms en stelsels wat nie net besparings in die hand werk nie, maar vir produsente ’n doeltreffende oplossing bied,” sê Nico Myburgh, hoof van presisietegnologieë by CNH. Myburgh en sy span was slaggereed met ’n tentoonstelling van die Raven-toerustingreeks, insluitend skerms, GPS, outostuurontvangers en modems. Hierdeur word die FieldOps™-stelsel in werking gebring wat masjiene outomaties monitor, relevante inligting soomloos en in een oogopslag verskaf, en maklike toegang tot die platform bied. FieldOps™ bied ook afstandsoperateursig, wat die gebruiker toelaat om die skerm in die kajuit van ’n afstand te monitor en verstellings te maak, terwyl agronomiese verslae die produsent bystaan om historiese data en verslae van verskillende lande in ware tyd te ontleed. Sodoende kan die aktiwiteite wat op ’n land plaasvind, dadelik gesien en oor seisoene vergelyk word. Laastens word krisisbestuur verfyn met kleurkodes wat onmiddellik die aandag trek indien ’n kwessie sou voorkom. Deur notifikasies aan die produsent en handelaar te stuur, met ’n beskrywing van die fout, kan daar meer voorkomend of remediërend opgetree word, na gelang van die fout. Raven-tegnologie trek aandag Produsente was ook vasgenael voor die nuwe oplossings wat CNH se tegnologiese innovasiemaatskappy, Raven, na die tafel bring. “Deur die gebruik van nuwe tegnologie soos FieldOps™ en Raven se bewese reeks slim landbou-oplossings, wil ons berekende besluite in die hande van ons produsente plaas en dan daardie besluite so presies moontlik uitvoer. Tuis met tegnoglogie Net soos by Nampo Bothaville, het Case IH ook vanjaar die Connect Room na Nampo Kaap gebring. Hier het besoekers die geleentheid gekry om te sien hoe doeltreffende datagebruik ’n plaas se aktiwiteite kan verbeter. Die Connect Room speel ’n belangrike rol in Case IH se skakeldienste en bied ’n grensverskuiwing vanaf reaktiewe na proaktiewe ondersteuning aan produsente deur deurlopende monitering van ’n produsent se Case IH-vloot. Tesame hiermee bied die Connect Room data-analise dienste deur data analiste wat die inligting deur hierdie masjiene gegenereer, ontleed. Wanneer potensiële kwessies opduik, word outomatiese kennisgewings na die kliënt, die handelaar, en die Connect Room gestuur sodat onmiddellike aksie geneem en staantyd verminder kan word. ‘n Skouspel soos min - die Case IH standplaas, slaggereed vir besoekers. Die Patriot-spuit was onlangs op ‘n groot toer. Hierdie masjien stel net nooit teleur nie. Trekkers groot en klein was reg soos ‘n roer by die Case IH standplaas. Die besigheid loop soos gewoonlik by die rooispan, al is ons by Nampo Kaap.
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=