Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
New Holland is sedert 1895 daartoe verbind om oplossings te bied wat boerderydoeltreffendheid en produktiwiteit verbeter deur die beskikbaarstelling van toeganklike tegnologie. New Holland bied nie net ’n wye reeks maklik-om-te-gebruik trekkers, stropers, balers, materiaalhanterings-, hooi- en weidingstoerusting nie, maar is ook bedryfsleiers wat betref presisiegrondbestuurstegnologie. Betroubare onderdele en diensondersteuning, asook pasmaak finansieringsdienste, help om die werk gedoen te kry. Landboumeganisasie en -tegnologie verander deurlopend om masjiene en prosesse meer doeltreffend te maak. New Holland gebruik hul 40 navorsings- en ontwikkelingsentrums om die vraag na doeltreffendheid te bevredig. Nou selfs meer toeganklik New Holland is al vir 25 jaar amptelik in Suid- Afrika werksaam. Voor dit is die Fiat- en Ford- handelsmerke onderskeidelik deur Vetsak en Samcor versprei. Hoewel Ford in 1991 deur Fiat oorgekoop is, is die handelsmerke steeds apart bemark – Suid-Afrika was die tweede-laaste land waar die samesmelting plaasgevind het. Hierdie samesmelting het die mark vergroot en die New Holland-handelsmerk meer mededingend gemaak. In 2017 is besluit om New Holland-produkte direk in te voer en sodoende die invoerder uit te skakel, wat die produkte dus meer mededingend in die mark maak. Dit het ook tot positiewe groei gelei. Die beskikbaarheid van voorraad is ook nie meer so beperk soos voorheen nie, en het ’n wyer produkreeks tot gevolg. Suid-Afrika beskik dus vandag oor die volledige New Holland- produkreeks soos deur die mark vereis. Toekomsgedrewe trekkerreekse Ons reeks trekkers strek van 31 tot 474kW en daar is verskillende opsies om die meeste take te verrig. Die eerste Stage V-emissievlaktrekker, die T7.315 HD, is onlangs beskikbaar gestel. Dié trekker stel nie net minder uitlaatgasse vry wat dit meer omgewingsvriendelik maak nie, maar beskik ook oor die nuutste tegnologie. Ons het omgewingsvriendelikheid nog verder geneem en voer nou die enigste trekker in wat metaangas as brandstof gebruik. Die T6.180 MP-trekker se ontbranding is nie net die skoonste nie, maar sy loopkoste is ook aansienlik laer. Produkte vir elke gebruik Buiten ons groot reeks trekkers het ons ook ’n verskeidenheid ander produkte. Die gewilde twin rotor CR-stroperreeks is beskikbaar in klas 6-, 7- en 9-eenhede. Die twin rotor- stelsel is oor 49 jaar ontwikkel en word voortdurend verbeter, wat dit kop en skouers bo die kompetisie laat uitstaan in terme van New Holland se oplossings vir elke boerdery-opset Deur Jaco do Preez Spring/Summer 2024 BONUS www.agribonus.co.za 70
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=