Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
kapasiteit, oesgehalte, en lae bedryfskoste. Daar is ook ’n reeks tafels vir hierdie stropers beskikbaar. Ons bekende Guardian-spuite, met die spuitbalk wat voor gemonteer word, is uniek in die mark. Kenmerke sluit in uitstekende balansering, die hoogste grondvryhoogte in die mark, en die uiters doeltreffende IntelliSpray™-stelsel wat koste bespaar deur vermorsing uit te skakel. Die FR-kuilvoerstroper word vir meer as 60 jaar al vervaardig en is uiters gewild onder melkprodusente en voerkrale. Dié stroper se besonderse kapasiteit en gehalte snywerk maak dit gesog in die mark. Ons het ook ’n uitgebreide reeks hooi- en baaltoerusting beskikbaar, wat sleepsnyers en snyerkneusers in verskillend groottes insluit. Die selfaangedrewe Speedrower® speel ook gou klaar met gewasse as daar vinnig of baie gesny moet word. Ons reeks balers bestaan uit ronde- en vierkantbalers. Die Roll-Bar 125 werk met stawe en kan basies enigiets baal. Die Roll-Belt- balers met hul veranderlike kamer kan bale met verskillende deursneë baal. Die vlagskip Roll Baler beskik oor rollers en kom standaard met kerwers uit. Die BC5060 en Hayliner 275 is klein vierkantbalers wat makliker met arbeid hanteer kan word. Wat groot balers betref, is daar die BB Plus- (BigBaler Plus), BB Plus Density-, en die BB High Density-balers. Hierdie balers word gebruik om bale te maak vir spesifieke bedrywe sowel as uitvoere. Braud-druiwe-oesmasjiene word al vir etlike jare na Suid-Afrika ingevoer en verkoop. Hierdie masjiene kan vinnig werk om druiwe af te haal wanneer die suikerinhoud optimaal is om sodoende die beste wyne te produseer. Ons teleskopiese hanteerder met sy 3,2 ton kapasiteit, is al vir drie jaar op die mark beskikbaar en kan 7m hoog optel. Vir meer inligting besoek www.newholland.com/za of kontak Jaco du Preez by 082 524 8898. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2024 BONUS 71
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=