Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL

Die Steiger-reeks van Case IH is die voorkeurkeuse van produsente wat ’n betroubare, doeltreffende en kragtige vierwielaangedrewe trekker benodig vir uiteenlopende en veeleisende toepassings – en vir die 2024-modeljaar word die beste selfs nóg beter. Die Steiger® 715 Quadtrac® is die kragtigste Steiger nog en sal binnekort in Suid-Afrika beskikbaar wees. Dit is werklik die ‘Jaar van die Trekker’ vir Case IH, nadat die Optum ook vroeër vanjaar bekendgestel is. Die Steiger® 715 Quadtrac® lewer ingeboude krag en spoed om meer grond, meer effektief te dek. Die 715 perdekrag-gegradeerde, 778 piek perdekrag-enjin stel nie net ’n nuwe maatstaf wat prestasie betref nie, maar is ook robuus genoeg vir enige uitdaging. Meer krag beteken dat implemente met meer gemak en beter brandstofverbruik deur die land kan beweeg. Met groot krag kom groter doeltreffendheid Die nuwe Steiger-model stel die nuwe swaardiens Quadtrac-onderstel bekend wat verhoogde traksie bied om met die enjin se perdekrag tred te hou. Dit bied ook die beweeglikheid wat nodig is om oral te beweeg, met beter sigbaarheid en ryvermoë om die bestuurservaring binne en buite die veld te verbeter. Met ’n nuwe enjinkapontwerp, herontwerpte uitlaat en LED-beligting, is die siglyne indrukwekkend. ’n Enjin wat 15% meer krag lewer help om breër implemente meer doeltreffend te trek. Die Steiger® 715 is toegerus met die splinternuwe C16 TST van FPT Industrial. Hierdie tweestadium turbine-enjin is in samewerking met Case IH spesifiek vir hierdie trekker ontwikkel. Hierdie Quadtrac® se swaardiensonderstel en langer baanontwerp verbeter traksie en flotasie om grondverdigting te verminder. Verhoogde brandstofkapasiteit van tot 520ℓ beteken meer kosbare tyd in die veld. Dit is boonop propvol tegnologie wat jou sal help om meer doeltreffend en produktief te boer. Die Steiger® 715 Quadtrac® bied operateurs beter data-insig, konnektiwiteit, en outomatisering om enige taak meer doeltreffend te verrig, ongeag wie in die kajuit sit. Die lang wag is amper verby! Kyk uit vir die nuwe Case IH Steiger® 715 Quadtrac®. Die indrukwekkende Case IH Steiger® 715 Quadtrac® is eersdaags in Suid-Afrika beskikbaar. Die wag vir die nuwe Case IH Steiger 715 is binnekort verby

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=