HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026

‘n Goeie reënjaar, is nie altyd ‘n goeie veejaar nie – hoe kan ons die situasie effektief bestuur? Jurie Naudé – Produkbestuurder: Ekstensiewe herkouers Alhoewel almal verheug is oor die wydverspreide reën en gevolglike oorvloedige weiding, weet ons dat dit lei tot diere wat swakker presteer en dat ons betyds voorsorgmoet tref. Waarom lei volopweiding tot swak veeprestasie? • Kwantiteit is nie kwaliteit nie, hoewel weiding volop is, het dit dikwels laer voedingswaarde. • Weidings bereik vinniger volwassenheid, skiet saad en kanaliseer voedingstowwe na die plantwortels vir oorlewing. • Die weiding raak dan vinniger “stokkerig” en minder sappig. • Die verteerbaarheid van weiding neem af. • Die algehele nutriënte beskikbaar vir die dier verminder, ten spyte van baie kos. • Ons moet onderskei tussen “gutfill” en nutriënte. Diere se mae lyk dalk vol, maar hulle ontvang nie noodwendig voldoende noodsaaklike voedingstowwe nie. Hiermee saamgebeur ook die volgende: • Kleinvee sukkel om genoeg inname te kry in uitgegroeide weiding, en vermaer tussen lang gras. • Die parasietlading verhoog en dit plaas diere se immuunstelsels onder druk en vererger voedingstekorte. • Vogtige toestande vererger hoefprobleme, wat diere se beweeglikheid en vreetpatrone negatief beïnvloed. • Muskiete, muggies, en vlieë neem toe en verhoog die risiko vir siektes. Teen begin Februarie was bykans alle weidings oor groot dele van Suid-Afrika reeds in saad. Diere se kondisie begin sowat 30 dae daarna daal. Om dierekondisie te handhaaf en volgehoue immuniteit en reproduksie te verseker, moet die volgende gebeur: Die foto regs verteenwoordig die veldkondisie op die hoëveld in Februarie. Die meeste gras het reeds saad geskiet. Herfs/Autumn 2026 BONUS www.agribonus.co.za 108

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=