HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026
Die rumenmikrobesmoet “bestuur word” om te vermeerder sodat: • Die verteringstempo van veldweiding verhoog. • Meer energie in die vorm van vlugtige vetsure beskikbaar gestel word. • Meer mikrobiese proteïen (“verbyvloeiproteïen”) vanaf rumenmikrobes beskikbaar gestel word. Hierdie verbeteringe lei daartoe dat: • Die beskikbare volop weiding beter benut word. • Die diere se kondisie vir langer gehandhaaf kan word. • Dieregesondheid en reproduksie op ‘n optimumvlak gehandhaaf kan word. Hoe bereik ons dié doel? 1. Fokus eerstens op effektiewe bestuur van die rumen, eerder as om nutriënttekorte aan te vul. 2. Gebruik ’n rumenstimulerende aanvulling wat volgens die SFOS- stelsel geformuleer is om optimale rumenfunksie oor tyd te verseker. 3. Deur hierdie aanvulling vroeër as normaal te begin (1 Maart) alvorens die diere té veel kondisie verloor. 4. Indien jou weiding reeds in saad is, kan jy gerus daarmee begin om die voordele te geniet. SFOS-geformuleerde produkte vir optimale rumenfunksie De Heus-voere formuleer volgens SFOS om optimale rumenfunksie te behaal. SFOS- geformuleerde produkte is onder andere: Onderhoudslekke: Produksielekke: RumiLick Pro 40 – V24943 RumiLick Accelerator – V24940 RumiLick Pro 45 + P – V24941 RumiLick Fleece Booster – V28650 RumiLick Bovine 50 – V28649 RumiLick Production – V24935 RumiLick Rainfos P9 – V24939 RumiLick Ewe Booster – V24947 en vele meer Kontak gerus ons tegniese adviseurs vir hulp en advies oor hoe om ’n goeie reënjaar doeltreffend te bestuur – https://www.deheus.co.za/meet-our-team. www.deheus.co.za | 031 785 1575 | infosa@deheus.com www.agribonus.co.za Herfs/Autumn 2026 BONUS 109
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=