HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026
GEWASBESKERMING Word produsente en landbouwetenskap- likes aan hul neuse rondgelei? Terwyl ek probeer om die aanmerking te analiseer, kom die nuwe (of dalk nou reeds ou) klankgolftoestelle wat veronderstel is om enige siekte of plaag in wingerde en boorde dood te maak, onwillekeurig by my op. Hiermee word nie beweer dat dié apparaat nie werk nie, net dat daar geen voldoende wetenskaplike bewyse bestaan dat dit wel werk nie, en tog het iemand alreeds baie geld daaruit gemaak! Is dit ‘n probleem dat tafeldruifprodusente (en ander boere ook) uitgebuit word deur agente se foefies? Indien dit so is, hoe kan ‘n produsent onderskeid tref tussen twak en geloofwaardige produkte/praktyke, tussen uitbuiters en waarheidverkondigers? En wat van my as ‘n wetenskaplike? Hoe moet ek reageer op al die aansprake van astronomiese oes- en gehalteverbeterings en redenasies wat my aan my eie kundigheid laat twyfel? Die feit bly staan dat dit verstommend is hoe min mense werklik hul omgewing krities evalueer en gevolglik té maklik die slenters van agente en insetverskaffers of die media vir soetkoek opeet. Florerende besighede het al in die landbou tot stand gekom wat gebaseer is op die verskynsel van pseudowetenskap. Miljoene rande word jaarliks gestort in die sakke van kreatiewe uitvinders wat produsente en landbouwetenskaplikes op sleeptou neem met die beloftes van kitsoplossings vir tafeldruif-produsente se probleme. Die woord “pseudo” beteken “vals”, afgelei van die Griekse woord pseudein – “om te lieg”. Die beoefening van pseudowetenskap behels dus om wetenskaplike aansprake te maak wat gebaseer is op valse aannames, ondersoek- praktyke of bloot opdissings van resultate. Om wetenskaplike kennis te besit, beteken nie om bloot net wetenskaplike feite te ken, soos die optimale N-inhoud van wingerdblare, die waterhouvermoë van ‘n kleigrond of die fisiologie van kleurontwikkeling in die vrug nie. Tydens ‘n ontspanne gesprek met ‘n wel- bekende lid van die tafeldruifbedryf word die volgende aanmerking teenoor my gemaak: “‘n Mens kan vinnig baie geld uit die tafeldruifbedryf maak. Jy moet net nie té veel gepla wees oor jou reputasie nie en ook nie hoop om daarna weer besigheid in die bedryf te doen nie.” Herfs/Autumn 2026 BONUS www.agribonus.co.za 34
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=