HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026

I n die huidige ekonomiese klimaat, waar die bedrywe wat ons van brood en botter voorsien onder erge druk verkeer, kan produsente en landbouwetenskaplikes nie swig voor die versoekinge van pseudowetenskaplike aansprake nie. Té veel produsente het al hul finale onder- gang bewerk deur hul laaste hulpbronne op ongefundeerde praktyke en produkte te bestee – soms met die ondersteuning van “geïnteresseerde” wetenskaplikes. Dikwels word sulke produsente se plase op ‘n uiters onverantwoordelike manier deur pseudowetenskaplikes gebruik om hul produk te “bewys”, sonder om enige sinvolle kontroles in te bou om die resul- tate mee te beoordeel. Die produsent word ook nie voldoende bewus gemaak van die risiko’s verbonde aan die gebruik van die “wonderproduk” nie. Ter selfherinnering, en as hulp aan ons kollegas in die tafeldruif- en ander landboubedrywe, stel ons die volgende kriteria voor waarvolgens bestuurs- en ander insette geëvalueer moet word: 1. Let op na die karakter van pseudowetenskap, soos hierbo uitgespel, en vermy om toe te gee aan die tipe denkwyse wat gevolg word. 2. Besef dat wetenskaplikes verkeerd kan wees, maar dat ware wetenskaplikes dit sal erken en vinnig bereid sal wees om verder na antwoorde te soek. 3. Ware wetenskap lewer herhaalbare resultate waarvan die metodes presies uitgespel word en gedupliseer kan word met identiese of verbeterde resultate. Daar is gewoonlik redes waarom die proefresultate van sekere produkte ‘n geheim is, of nie opgespoor kan word nie, of deur obskure instellings uitgevoer is. Dring aan op resultate van erkende instellings. 4. Ware wetenskaplike bevindinge word primêr in wetenskaplike joernale bekend gemaak wat aan ewekniebeoordeling onderwerp is en streng standaarde van eerlikheid en akkuraatheid in stand hou. Eers daarna word dit in populêre formaat aan die bedryf bekend gemaak vir implementering. 5. Wees baie versigtig vir oënskynlik onskul- dige produkte wat “die plant se groei verbeter”, maar nie vir so iets geregistreer is nie. ‘n Enkele oorskryding van ‘n MRL deur so ‘n middel kan die produsent (of die bedryf) miljoene kos, en ‘n produk met ‘n obskure herkoms kan ‘n baie negatiewe beeld van die bedryf veroorsaak as dit skielik in die media verskyn. Alle soorte ekstrakte word deesdae sonder meer gespuit. Weet ons altyd waaruit die ekstrak bestaan? Ter afsluiting: As landbouwetenskaplikes en tafeldruifprodusente kan ons die bedryf en onsself ‘n groot guns bewys deur altyd seker te maak dat ons denke, perspektiewe, en praktyke gebaseer is op suiwer, ware wetenskap. Dan kan ons verseker wees ons mors nie ons tyd, energie, en hulpbronne nie, en sal ons as bedryf vooruitgaan. Ons moet ook ons plaaslike, geloofwaardige navorsingsinstansies ondersteun en nie “gekoopte” resultate van ander instansies sonder meer aanvaar nie. Hierdie artikel is gebaseer op ‘n artikel getiteld “Oogklappe van kwasiwetenskappe en gepaardgaande perke” deur George Claassen wat in Die Burger (2001) verskyn. Met George se toestemming is die artikel verwerk en ‘n sterk landbou-aanslag gegee. Met dank wil ons dus erkenning gee aan die oorspronklike werk van George Claassen. www.agribonus.co.za Herfs/Autumn 2026 BONUS 37

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=