HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026

Word produsente en landbouwetenskaplikes aan hul neuse rondgelei? Vanaf vorige bladsy Pseudowetenskap skep ook hul eie woorde- skat as handelsmerk. Sommige is veelsinnig of nie duidelik gedefinieer nie. Voorbeelde van nuwe terme wat die laaste jare te voorskyn gekom het, is: “soil food web”, “kompostee”, “lug- en waterwortels” – al die woorde is nou algemene terme in die tafeldruifbedryf en word sterk met individue geassosieer. Pseudowetenskap vermy om aansprake te onderwerp aan ‘n betekenisvolle toets (die beste manier om die geloofwaardigheid van ‘n produk en sy agent vas te stel, is om aan te bied om die produk eers kosteloos vir ‘n sei- soen uit te toets om die aansprake te bevestig – dis verbasend hoe vinnig ‘n mens onwelkome besoekers van jou rug afkry). In kontras met wetenskap, waar deurslaggewende eksperimente wêreldwyd deur wetenskaplikes herhaal word met toenemende noukeurigheid, sal pseudowetenskaplikes wat wel aanspraak maak op ‘n voltooide eksperiment met ‘n uitsonderlike uitslag dit nie herhaal om die resultaat of prosedure te kontroleer nie. Pseudowetenskap skep doelbewus misterie (soos in die hedendaagse ophef wat oor grondbiologie gemaak word, waar die ongelooflike kompleksiteit van grond- ekosisteme as ‘n misterie voorgehou word wat net deur sommige “uitverkorenes” verstaan word), terwyl deurslaggewende of belangrike detail uitgelaat word. Pseudowetenskap groei nie en toon nie progressie nie (daar word eerder na “my oupa se wyshede” terugverwys). Pseudowetenskap volg eerder giere na en skakel van die een na die ander oor, maar maak nooit vooruit- gang tot groter kennis nie. Want hoe ouer ‘n idee, hoe meer respek word dit betoon. Die pseudowetenskaplike sal dit egter opdis asof niemand nog voorheen, behalwe hyself, die eintlike volle waarde van die “ou waarheid” ontdek het nie. In werklikheid raak pseudowetenskaplikes byna altyd betrokke by verskynsels wat welbekend is met wetenskaplikes, maar waarvan die publiek of produsente nie altyd weet nie – sodat hulle alles sluk waarop die pseudowetenskaplike aanspraak maak. Voorbeelde is waar kamtig innoverende metodes van komposmaak “ontdek” word wat gebaseer is op ’n voorvader se manier van doen (terwyl die produsent self welbekend is met sy eie oupa se metode), of aansprake van “diepgaande” kennis oor die gebruik van onkruide as aanduiding van die fisiese en chemiese toestand van landbougrond (dít terwyl die produsent reeds ‘n grondondersoek se verslag in sy lessenaar se laai het, maar dit nooit gebruik het nie ...). Hoe moet ons as produsente en landbouwetenskaplikes reageer teenoor pseudowetenskap? Navorsers en landbouwetenskaplikes beskou pseudowetenskap en sy uitvloeisels/ produkte dikwels as vergesog en onsinnig, gevolglik sien hulle dit as humoristies eerder as gevaarlik. Ongelukkig kan pseudowetenskap baie gevaarlik wees vir ‘n brose tafeldruifbedryf. In die woorde van oorlede prof. Theron van Stellenbosch Universiteit se Wingerdbou- departement: “ ‘n Boer vrek oor ‘n nuwe ding, al is dit ‘n nuwe siekte ...” In ‘n soeke na oorlewing en dus meer effektiewe boerderyresultate, laat produsente hulself ongelukkig oop vir “nuwe oplossings” vir hul alledaagse praktiese uitdagings. Herfs/Autumn 2026 BONUS www.agribonus.co.za 36

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=