HERFS/AUTUMN BONUS TYDSKRIF 2026
Faktore wat bulvrugbaarheid beïnvloed: Die rol van voeding in teelvoorbereiding Ronnie Wamback – Streeksverkoopsbestuurder (Noordelike Streek) Bulle is nie bloot net dekdiere nie; hulle verteenwoordig die helfte van die genetiese vooruitgang en ekonomiese waarde van enige Simmentaler- kudde. Die sukses van ’n dekseisoen word grootliks bepaal deur die bul se vrugbaarheid, stamina en algemene gesondheid. Alhoewel genetika, bestuurspraktyke en vrugbaarheidstoetse onmisbaar is, wys navorsing dat voeding en kondisie diemees direkte enmanipuleerbare faktore is wat bulprestasie beïnvloed. Kernfaktore wat bulvrugbaarheid bepaal: 1. Semenkwaliteit en spermatogenese Spermontwikkeling is ’n fisiologiese proses wat ongeveer 70 dae duur. Dit beteken dat die voedingsvlak van ’n bul twee tot drie maande voor die dekseisoen ’n direkte invloed het op die kwaliteit van die semen wat hy tydens die dek- periode produseer. Energie- en proteïentekorte lei tot laer spermtellings, swakker beweeglikheid en ’n hoër voorkoms van abnormale spermselle. Spoorminerale soos sink, selenium, en koper is noodsaaklik vir spermmotiliteit, membraan- struktuur en DNA-integriteit. Die gevolg is dat voeding nie net die hoeveelheid spermselle bepaal nie, maar ook die kans dat bevrugting tot ’n gesonde embrio lei. 2. Libido en dekdrang Libido en dekdrang is komplekse eienskappe wat deur hormonale, voedingkundige en bestuursfaktore beïnvloed word: • Hormonale balans: Testosteroon is die primêre hormoon wat seksuele gedrag reguleer. Hoë vlakke van kortisol (streshormoon) onderdruk testosteroon, wat direk tot ’n laer dekdrang lei. • Liggaamstoestand: Té maer bulle het nie energiereserwes nie, terwyl oorvet bulle geneig is tot lompheid, hittestres, en laer aktiwiteit. Die ideale kondisie is 3–3,5 op ’n vyfpuntskaal. • Gesondheid: Klou- en gewrigsprobleme beperk fisiese dekgedrag, selfs al is se- menkwaliteit goed. Spoorminerale soos fosfor, koper en mangaan ondersteun been- en klougesondheid. • Omgewings- en bestuursfaktore: Hitte, swak skadu, oorbevolkte kampe, en harde hantering kan libido demp deur streshormone te verhoog. • Ouderdom en ervaring: Jong bulle toon hoë libido, maar beperkte stamina; volwasse bulle kombineer drang en uithouvermoë; ouer bulle ervaar dikwels ’n natuurlike afname. Voeding ondersteun libido indirek deur testosteroonproduksie, oksidatiewe stresbeheer (via vitamien E en selenium) en die handhawing van ’n gebalanseerde kondisie. Herfs/Autumn 2026 BONUS www.agribonus.co.za 42
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=