SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

Voersorghumof babala? DIE REGTE GEWASVIRDIE REGTE SOMERSOMSTANDIGHEDE Warm somers, wisselvallige reënval, en toenemende druk op beskikbare water maak die keuse van ‘n somervoergewas belangriker as ooit. Onder hierdie toestande speel warmseisoengrasse ‘n belangrike rol om voerbeskikbaarheid te verseker en produksierisiko te beperk. Voersorghum en babala is twee gewasse wat hul waarde oor baie jare in Suid- Afrikaanse boerderystelsels bewys het. Albei is aangepas vir warm toestande, benut water doeltreffend en kan groot hoeveelhede voer produseer. Hoewel hulle dikwels saam oorweeg word, vervul hulle nie dieselfde rol binne ‘n voerproduksiestelsel nie. Die beste keuse hang af van die doel van die aanplanting, die beskikbare hulpbronne en hoe die gewas uiteindelik benut gaan word. Begin by die doel van die aanplanting Die eerste vraag is nie watter gewas beter is nie, maar eerder wat die aanplanting moet bereik. Is die doel om soveel moontlik tonnemaat te produseer, vinnige weiding beskikbaar te stel, kuilvoer te maak of grondgesondheid te verbeter? Die antwoord op hierdie vraag bepaal watter gewas die beste by die boerderystelsel sal inpas Voersorghum: Wanneer volume die prioriteit is Voersorghum is ‘n warmseisoen-C4-gras wat goed aangepas is vir hoë temperature en beperkte vog. Dit produseer groot hoeveelhede biomassa en word dikwels gebruik waar die doel is om vinnig volume vir weiding, kuilvoer of groenvoer te produseer. Een van voersorghum se belangrikste eienskappe is sy doeltreffende waterbenutting. In vergelyking met mielies kan dit onder waterstres beter aanhou produseer, wat dit ‘n geskikte keuse maak vir droër produksiegebiede of waar besproeiingswater beperk is. Die diep wortelstelsel benut vog uit dieper grondlae en dra by tot herstel ná droogtestres. Onder goeie voedings- en benuttingsbestuur reageer voersorghum goed op stikstofbemesting en kan dit hoë droëmateriaalopbrengste lewer. Dit is veral geskik vir: • weiding; • kuilvoerproduksie; • groenvoer; en • rotasiestelsels waar grondbedekking • en biomassa belangrik is. By beweiding is bestuur van besondere belang. Jong sorghumplante kan onder sekere toestande verhoogde vlakke van blousuur bevat. Hierdie risiko kan doeltreffend bestuur word, deur eers te benut wanneer plante voldoende ontwikkel het, en beweiding tydens erge droogtestres of ná ryp te vermy. Babala: Wanneer kwaliteit en vinnige benutting belangrik is Babala, is een van die vinnigste warmseisoen- weidingsgewasse beskikbaar. Dit vestig vinnig en produseer binne ‘n kort tyd smaaklike, blaarryke weiding. Anders as voersorghum bevat babala nie blousuur nie, wat dit besonder geskik maak vir intensiewe beweiding. Babala is goed aanpasbaar by: Spring/Summer 2026 BONUS www.agribonus.co.za 100

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=