SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026
• warm somertoestande; • ligter en sanderiger gronde; en • korttermynweidingsprogramme. Hoewel babala gewoonlik nie dieselfde biomassa as voersorghum produseer nie, bied dit goeie voerkwaliteit en word dit maklik benut. Dit maak die gewas ‘n geskikte keuse waar vinnige weiding benodig word of as korttermyn- opsie tussen ander somer- en wintergewasse. Die gewas se wortelstelsel dra ook by tot beter grondstruktuur en kan help om grondkompaksie te verminder, wat dit ‘n waardevolle komponent maak in stelsels waar grondgesondheid belangrik is.. Grond, klimaat, en vestiging Beide voersorghum en babala benodig warm grondtemperature vir goeie ontkieming en word gewoonlik vanaf laat lente tot vroeë somer geplant. Albei presteer die beste op goed gedreineerde gronde, maar kan ook onder minder ideale toestande aanpas. Babala is oor die algemeen aangepas vir laer grondvrugbaarheid, suurder gronde, en korter groeiseisoene. Voersorghum reageer daarenteen sterker op hoër voedingsvlakke en word dikwels gekies waar maksimum opbrengs die hoofdoel is. Benuttingsbestuur bepaal uiteindelike waarde Albei gewasse kan suksesvol gewei, gesny, of as deel van mengsels benut word, mits dit korrek bestuur word. Rotasieweiding bevorder hergroei en verleng die benuttingsperiode, terwyl voldoende stoppelhoogte noodsaaklik is om nuwe groei vanuit die plantbasis te ondersteun. As somergewasse dra beide voersorghum en babala by tot: • beter grondbedekking; • verminderde erosie; • verbeterde waterinfiltrasie; en • die opbou van organiese materiaal. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 101
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=