SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026
MEER AS NET SOMERVOER: DIE WAARDE VAN VOERSORGHUM EN BABALA IN SOMERMENGSELS Namate boere al hoe meer fokus op grondgesondheid, waterdoeltreffendheid en langtermynvolhoubaarheid, vervul mengsels ‘n al belangriker rol in moderne boerderystelsels. Waar hierdie gewasse vroeër hoofsaaklik vir voerproduksie aangeplant is, word hulle vandag toenemend gebruik om verskeie funksies binne dieselfde stelsel te vervul. Voersorghum en babala is goeie voorbeelde hiervan. As deel van ‘n deurdagte somermengsel dra hulle nie net tot voerproduksie by nie, maar ondersteun hulle ook grondbedekking, grondstruktuur, waterbenutting en die langtermynproduk- tiwiteit van die land. ‘n Goeie mengsel begin by funksie Die sukses van ‘n somermengsel word nie bepaal deur die aantal spesies nie, maar deur hoe goed hulle mekaar aanvul. Elke komponent behoort ‘n spesifieke funksie binne die stelsel te vervul. Warmseisoengrasse soos voersorghum en babala vorm dikwels die grondslag van hierdie mengsels omdat hulle: • vinnig vestig; • goeie grondbedekking verskaf; • groot hoeveelhede biomassa produseer; • beskikbare grondvog doeltreffend benut; en • goed aangepas is by warm en droë toestande. Hierdie eienskappe skep die raamwerk waarbinne ander spesies hul bydrae kan lewer. Voersorghum: Die struktuurdraer van die mengsel Voersorghum vorm dikwels die ruggraat van ‘n somermengsel. Die sterk wortelstelsel help om grond oop te breek en waterinfiltrasie te verbeter, terwyl die groot bogrondse groei betekenisvolle hoeveelhede organiese materiaal tot die stelsel toevoeg. In mengsels vervul voersorghum dikwels verskeie funksies: • opvang van oortollige stikstof; • skep van skadu en ‘n gunstige mikroklimaat vir ander plante; en produksie van groot hoeveelhed biomassa vir grondbedekking. Omdat voersorghum dominant kan raak, bly saaidigtheid en goeie bestuur belangrik om ‘n gebalanseerde mengsel te behou. Babala: Die benuttingskomponent Babala vervul ‘n ander, maar ewe belangrike funksie. Die gewas vestig vinnig, produseer blaarryke weiding en word maklik deur vee benut. Anders as voersorghum bevat babala nie blousuur nie, wat dit goed geskik maak vir intensiewe beweiding. In mengsels dra babala onder meer by tot: • vinnige beskikbaarheid van smaaklike weiding; • veilige benutting; • goeie hergroei ná beweiding; en • aktiewe wortelaktiwiteit in die boonste grondlae. Hierdie eienskappe maak babala veral waardevol waar vroeë benutting deel van die bestuursdoelwit vorm sonder om grondbedekking prys te gee. Diversiteit laat die mengsel werk Geen somermengsel behoort uit slegs een of twee spesies te bestaan nie. Die insluiting van peule en breëblaargewasse gee aan die mengsel funksionele diversiteit en verbeter die bydrae van die stelsel as geheel. Peule dra onder meer by tot: Spring/Summer 2026 BONUS www.agribonus.co.za 114
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=