SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

Meer as 800 skape, 1 500 lêhenne en twee dosyn boerbokke en Damaras op 6,6 hektaar, en ’n mikpunt om so selfversorgend as moontlik te wees. Dit is waarmee Hennie en Liza-mari Jonker van Kroonstad besig is. Die Jonkers was sowat agt jaar gelede vir die eerste keer in die nuus toe hulle tydens die Royal Show in Pietermaritzburg beide die Junior Kampioen en Reserwe Junior Kampioen Hampshire Down-ramme ten toon gestel het, nadat hulle maar slegs ’n jaar tevore hulle Zorro Hampshire Down-stoet geregistreer het. Intussen kon hulle net nie van die nuusblaaie af wegbly nie, met uitstekende sukses in die skouring, onder andere die Hampshire Down- ram-raskampioen vanaf 2019 tot 2024 asook die Opperste Interras- kampioen-skaapram in 2023 by die Royal- skou, en die reserwe Opperste Interras- kampioen-ram in 2024. Hierdie geskiedenis van prestasie is vanjaar tot ’n hoogtepunt gebring tydens die Alleras- skouweek in Parys toe hulle nie net verskeie skoutitels gewen het nie, maar ook die karkaskompetisie en die gesogte “Lamb Champs”-titel gewen het. Nadat hulle vir baie jare grond gehuur het om hulle skape – beide die stoet en ’n voerkraal – te huisves, het hulle net ná Covid ’n 6,6 hektaar stukkie grond buite Kroonstad gekoop en hul boerdery daarheen geskuif. “Ons mikpunt,” vertel Hennie, “was altyd dat die verskillende fasette van ons boerdery in sinergie moet wees, maar op ’n basis van volhoubaarheid. Insetkoste is net té duur, en ons het gaan kyk waar ons kon spaar. Aan die lamprys kon ons min doen, maar die een plek waar ons kon spaar, is kunsmis.” Liza-mari was lus om met hoenders te boer, en hulle het toe ’n lêhen-eenheid opgesit wat 1 500 henne huisves. Saam met die mis uit die skaapvoerkraal wat op enige tydstip tussen 300 en 500 skape bevat, vorm die hoendermis nou die kern van die bemesting vir die aangeplante weidings vir die skape. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 37

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=