SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

Dis baie belangrik om jou weidingsbestuur in die kol te hê, sodat jy aan die een kant nie té kort afwei nie, maar aan die ander kant nie toelaat dat die gewasse in saad kom nie. ’n Voerkraal as inkomstestroom Afgesien van hulle eie lammers, koop die Jonkers ook jaarliks lammers in van produsente met wie hulle ’n staande ooreenkoms het. Die lammers word dan gevoer en geslag en direk aan die huisvrou voorsien. “Die geld wat ons uit die voerkraal maak, betaal vir die voer wat ons vir die stoet aankoop, terwyl die inkomste uit die stoet gebruik word om nuwe genetika te bekom en die stoet te verbeter.” Omdat beide Hennie en Liza-mari voltyds werk, is hulle nie van die boerdery se inkomste afhanklik vir hulle eie lewenskoste nie. Parasiete moet bestuur word Hennie gaan van die uitgangspunt uit dat interne parasiete nie uitgewis kan word nie, maar bestuur moet word. Om dit te kan doen moet mens die lewensiklusse van die parasiete deeglik verstaan. “Wurms broei in September en Oktober uit, so dis wanneer jy strategies op jou bestuursprogram moet begin fokus. Daarmee saam is dit kritiek dat jy vir wurmweerstand moet selekteer. Enige ooi wat ’n tweede keer teen haarwurm behandel moet word, gaan ná speentyd saam met haar lam voerkraal toe. Dieselfde geld vir diere wat vrotpootjie kry, maar die Hampshire Down-ras het swart hoewe en swart pigment, wat bydra tot die ras se gehardheid.” Hulle ontwurmingsprogram begin twee weke ná die eerste reën, met ’n langwerkende breëspektrum inspuitbare middel vir al die skape. Daarna word net behandel as dit nodig is. “Ons hou die skape dop as hulle inkom kraal toe, en ons sal gereeld die agterste drie vang en FAMACHA op hulle doen. Sodra ons sien hulle begin effens bleek raak, sal ons meer diere evalueer. Dit gee ons ’n idee van die algemene situasie. Ons bly egter noukeurig oplet en enige dier wat tekens van ’n kwakkeel of seervoet wys, sal ons dan behandel. Ons glo mens kan ’n dier siek doseer, so ons doen dit net as dit absoluut noodsaaklik is. En as daardie dier ’n tweede keer behandel moet word, is sy uit.” Intervalle om ouderdom te beheer Die Jonkers gebruik agt kleure in hulle oorplaatjies. “Elke jaar se lammers word met ’n ander kleur gemerk. As die lam in die negende jaar dieselfde kleur as die ma kry, word die ma verkoop. Die effek is dat daar nie diere in die kudde is wat ouer as nege jaar is nie – hoewel nege jaar alreeds ouer is as wat meeste skape word; dit is ’n voordeel van die Hampshire Down se langlewendheid,” verduidelik Hennie. “Een keer per jaar word al die ooie deeglik geëvalueer. Ons gebruik die drie T’s as kriteria – tieties, tone, en tande. Dan is daar die vierde T, naamlik “Tag”. Dit veroorsaak dat ons relatief min probleme het met ooie wat nie hulle lammers ordentlik kan grootmaak nie omrede hulle té oud is nie.” Prestasies omalles te kroon Hoewel hulle rekord van prestasies oor die jare indrukwekkend is, was 2026 tot dusver vir hulle besonder goed. Tydens die onlangse Alleras-skou by die Afridome in Parys het hulle meeste van die belangrike pryse gewen. Met hulle wen in die karkaskompetisie het hulle die enkelinskrywing sowel as die groep van vier gewen. Die enkelkarkaswenner van 25,4 kg het op die veiling R30 000 behaal. Vir meer inligting, skakel Hennie Jonker op 072 799 4777. www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 39

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=