SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

STOFPAAIEWAT LEI NA ALLERGIEË Hoekom baie plattelanders se herhalende sinusprobleme eintlik allergieë is “Mense neem dikwels aan dat elke toe neus en hoofpyn sinus is, maar dit is nie altyd die geval nie,” sê Medipost-apteker Wilmarie Rheeders, wat by Suid-Afrika se eerste koerierapteek werk. Sy sê baie mense met herhalende “sinusprobleme” ly eintlik aan ongediagnoseerde allergieë, en dié verwarring kan korrekte behandeling vertraag. Vir boere en landbouwerkers is dié onderskeid veral belangrik. Daaglikse blootstelling aan stof, stuifmeel, graanstof, en diere kan allergiese simptome veroorsaak of vererger, wat maklik met ‘n sinusinfeksie verwar kan word. Wanneer die naaste dokter of apteek ver is en wagtyd vir behandeling langer kan wees, is dit noodsaaklik om simptome vroeg te herken en die regte behandeling betyds te ontvang. “’n Toe neus, drukking agter die wangbene en oë, en ‘n hoes wat nie wil verdwyn nie, word maklik as ‘n sinusinfeksie afgemaak. Allergieë kan egter soortgelyke simptome veroorsaak, maar vereis ‘n heel ander benadering,” verduidelik Rheeders. Allergie of sinusinfeksie? Só weet jy: Voorkoms van slym • Allergieë: Helder en waterig • Sinusinfeksie: Dik of geel Kenmerke van ‘n hoes • Allergieë: Droë, irriterende hoes • Sinusinfeksie: Produktiewe hoes met slym Verwante simptome • Allergieë: Jeukerige oë of neus, selde koors • Sinusinfeksie: Gesigpyn, seer keel, en dikwels koors Duur van simptome: • Allergieë: Verbeter gewoonlik wanneer die oorsaak vermy word • Sinusinfeksie: Hou aan en vererger dikwels oor ‘n paar dae Boere word dikwels aanmeer allergene blootgestel Volgens Rheeders word mense wat in die landbousektor werk dikwels aan groter hoeveelhede stof, stuifmeel, graanstof, dierehare, en ander allergene blootgestel. Hierdie blootstelling kan allergiese simptome veroorsaak of bestaande allergieë vererger, veral gedurende sekere seisoene. “Wanneer iemand herhaaldelik dieselfde simptome ervaar, is dit belangrik om vas te stel of dit werklik infeksies is en of allergieë die onderliggende oorsaak is. Die regte diagnose help om verkeerde behandeling te voorkom en verseker dat mense vinniger beter voel,” sê sy. Wenke omallergieë beter te bestuur • Beperk waar moontlik blootstelling aan algemene snellerfaktore. • Hou vensters toe wanneer die stuifmeelvlakke hoog is. • Maak gereeld skoon om stof en dierehare te verminder. • Dra ‘n stofmasker indien jy in ‘n stowwerige omgewing werk. • Lees etikette sorgvuldig indien jy voedselallergieë het. Raadpleeg ‘n apteker oor die gebruik van oor- die-toonbank-medisyne, soos antihistamiene, ontstumiddels, of neussproei indien nodig. Behandeling van sinusitis “Sinusitis word dikwels deur ‘n virus of bakterie veroorsaak en vereis ander behandeling as allegieë. Rus, voldoende vloeistowwe, en warm kompressie kan herstel ondersteun, terwyl antibiotika en/of kortikosteroïed-neussproei soms nodig is. Indien simptome langer as ‘n week aanhou, vererger, of met erge pyn, drukking in die gesig, of asemhalingsprobleme gepaardgaan, moet ‘n gesondheidsorgpraktisyn geraadpleeg word,” waarsku Rheeders. Gebruik medikasie verantwoordelik Selfs oor-die-toonbank-medisyne moet verantwoordelik gebruik word: • Sommige antihistamiene kan lomerigheid veroorsaak. • Langdurige of oormatige gebruik van neussproei kan neusverstopping vererger of bloeddruk beïnvloed. • Kortikosteroïed-neussproei werk baie goed indien dit korrek gebruik word. “Vir ligter simptome kan soutwaterneussproei, neusspoelmiddels, en sekere plantgebaseerde ontstumiddels ook verligting bied,” sê sy. Spring/Summer 2026 BONUS www.agribonus.co.za 84

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=