SPRING SUMMER BONUS MAGAZINE 2026

Kinders benodig ekstra aandag Kinders beskryf nie altyd hul simptome duidelik nie. Ouers behoort op waarskuwingstekens te let, goeie higiëne aan te moedig, die huis so stofvry moontlik te hou, en indien nodig, ‘n gesondheidsorgpraktisyn of keel-, neus-, en oorspesialis (KNO-spesialis) te raadpleeg. Toegang tot behandelingmaak ‘n verskil Vir mense in afgeleë dele van Suid-Afrika en die platteland, is dit nie altyd maklik om gereeld by ‘n apteek uit te kom nie. Dit geld veral vir boere, plaaswerkers, wildsplaas-, of gastehuiseienaars wat dikwels ure van die naaste dorp af woon en nie sommer ‘n werksdag kan onderbreek om medikasie te gaan haal nie. Betroubare aflewering van kroniese én oor-die-toonbank- medikasie help om te verseker dat behandeling nie onnodig uitgestel word nie, veral gedurende besige plant- en oesseisoene wanneer elke uur op die plaas saak maak. “Moenie raai nie, kry die regte diagnose,” sê Rheeders. “‘n Korrekte diagnose is die eerste stap na doeltreffende behandeling. Wanneer jy weet of dit allergieë of sinusitis is, kan jy die regte behandeling vinniger begin en sodoende onnodige komplikasies voorkom.” “Medipost Apteek ondersteun pasiënte regoor Suid-Afrika met kundige advies in al elf landstale, die aflewering van kroniese medikasie, en ‘n betroubare reeks oor-die-toonbank-produkte. Vir boere, plaaswerkers, en landelike gemeenskappe beteken dit dat gehalte gesondheidsorg nie afhanklik hoef te wees van hoe ver hulle van die naaste apteek of gesondheidsorgfasiliteit woon nie,” sluit Rheeders af. KONTAKBESONDERHEDE: Webtuiste: www.medipost.co.za Telefoon: 012 426 4000 E-pos: info@medipost.co.za WhatsApp: 012 426 4655 Wilmarie Rheeders, Medipost-apteker www.agribonus.co.za Spring/Summer 2026 BONUS 85

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=