WINTER BONUS MAGAZINE 2025

KRAG DEUR ELEKTRIFISERING Die nuwe RAV4 is as inprophibriede elektriese voertuig (PHEV) en hibriede elektriese voertuig (HEV) beskikbaar. Die PHEV pronk met Toyota se jongste sesdegeslag-hibriedestelsel, met ’n nuwe hoëverrigtinglaaier en ’n meer doeltreffende batterystelsel. Die gevolg is ’n aansienlik verbeterde reikafstand wanneer die RAV4 net op batterye ry, wat nou tot 150 km strek (vanaf 95 km). Toyota het ook daarop gefokus om die veldryverrigting van die PHEV-weergawe te verbeter. Jy kan danksy sy 12% meer verrigting ’n meer opwindende rit verwag, sonder om doeltreffendheid in gedrang te bring. Daarbenewens sluit dit nou voertuig- tot-huis-vermoë (V2H) in, wat beteken die RAV4 self kan as ’n rugsteunkragbron tydens kragonderbrekings tuis of op uitstappies dien. Die HEV-weergawe het ook belangrike opgraderings ontvang. Verbeterde komponente, waaronder ’n beter dwars- as- en kragbeheereenheid, beteken vinniger wegtrek en ’n ratser reaksie – iets wat in veral stadsverkeer of verbysteek op die snelweg handig te pas kom. FRIS, NUWE ONTWERP Die nuwe RAV4-ontwerp is op drie ontwerpelemente gegrond: (1) “Big Foot” (die klem op bande met ’n groot deursnee); (2) “Life-up” (herinner aan uitstekende veldry- werkverrigting); en (3) “Utility” (’n laairuim wat maklik is om te gebruik). Hierdie drie elemente gee uitdrukking aan die unieke “RAV4-heid” van ’n motor wat lyk of hy oral kan ry. Die nuweling kan danksy sy DC-snellaaivermoë in net 30 minute tot 80% herlaai. TOYOTA HET DIE SPLINTERNUWE RAV4 AMPTELIK IN JAPAN ONTHUL – ’N WÊRELDPREMIÈRE VAN DIE SESDEGESLAG-RAV4. DIE SPLINTERNUWE RAV4 IS INGEVOLGE DIE TEMA “DIE LEWE IS ’N AVONTUUR” HERONTWERP VIR MENSE WAT DIE LEWE VOLUIT WIL GENIET. DIÉ NUWELING PRONK NOU MET NUWE, KRAGTIGE HIBRIEDE- EN INPROPHIBRIEDESTELSELS, VERBETERDE VERSNELLING EN VOORAANSTAANDE TEGNOLOGIE WAT ONTWERP IS OM ELKE RIT MAKLIKER EN MEER SINERGISTIES TE MAAK. DIE NUWE TOYOTA RAV4 IN JAPAN ONTHUL www.agribonus.co.za Winter 2025 BONUS 19

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=